- Dit is die buurmeisie se dagdroom.
- Dit is haar dagboekinskrywing terwyl sy cruise teen 110.
- Dit is warm en gemaklik soos hoërskooldrukkies
- Dit is die klankbaan van ’n kwartleeftydkrisis.
- Dit is die angs wat aanbreek oor volwassenheid, of ten minste die verwagtinge daarvan.
- Dit is onskuldig en eerlikwaar verfrissend om ’n liedjie te hoor sonder enige seksuele innuendo.
- Dit het ’n 90’s-alternatiewe gevoel met elektro-popsensitiwiteit.
- Dit is heilsaam.
- Dit is ’n lied gekomponeer deur Margot Rothman, Don Kelly en Loki Rothman.
Dit is “110”.

