![]() |
|
| Hoe leer jy sonder boeke? Hoe word jy 'n meester as daar niemand is na wie jy kan opkyk nie? LitNet slaan haar oë op na die berge en vind dat hulp van die ATKV en die SBA af kom. LitNet bevorder en verlustig haar in hierdie projekte. LitNet hoor ook graag van enige ander organisasies wat programme vir Afrikaanse leerders aanbied. | |
![]() |
Die ATKV bied ’n verskeidenheid jeugprojekte aan om leerders te ontwikkel ten opsigte van entrepreneurskap, kommunikasie en verantwoordelike burgerskap. Sien die ATKV se projekte toegespits op skole. |
|
Sien die SBA se opwindende skoleprojekte vir Afrikaanse leerders, soos die SBA-loopbaangids en die SBA-leesprogramme. |
|
Die Woorde open Wêrelde-projek, ’n taalbemagtigingsprojek van die US Woordfees, is daarop gerig om leerders te bemagtig deur hulle bloot te stel aan kreatiewe programme wat op die bevordering van taal, letterkunde en die kunste gebaseer is. |
* men’tor [=tors] Raadsman; oudste leidsman; gids.



