Masha-Allah! Ietsie mooi het innie Baxter gebeu

  • 1

Mercy
Teks en regie: Zubayr Charles
Spelers: Jennifer Morris, Ibtisaam Florence, Vuyokazi Bulu, Jethro Dylan Thomas and Sharfa du Plessis.

Ibtisaam Florence (Aunty Kaashiefah Momsen)

Djy stappie Golden Arrow theatre space in byrie Baxter en kry vi aunty Kaashiefah in haa stoel, centre front stage, expressionless hang op haa walking stick, devoid vannie reality vannie audience se presence en staar in ’n blank space. Sy’s completely unaware vannie noisy theatregoers wat plek soek en ’n seat vint. Ou vrinne meet met excitement en idle geselsies wôd ge-exchange. Met dié clever introductory display wôd djy immediately geskool deu Zubayr Charles, skrywer en director vannie play Mercy.

Djy kry jou seat, sit jouself nee en wiet djy’s in vir ’n duidelike ride soon, want djy voel vi aunty Kaashifah – al ken djy haa skaas. Die start bekryp jou effens en djy’s ampe nie preparedie, maarie ratte krenk, die ligte dim en djy brace maa jouself virrie promised ride.

Zubayr Charles (skrywer en regie) met Rachelle Greeff, sy voormalige mentor by Die Jakes Gerwel Stigting en LitNet se Kommadagga Kortverhaalslypskool. Rachelle het Zubayr gehelp om die korverhaalweergawe van Mercy te skryf.

Mercy, wat originally as ’n short story geskryf en later in ’n dramastuk vewêk was, mak deel yt vannie 14de annual Zabalaza festival wat byrie Baxter in March dié jaa afgespeelit. Yt 32 scrips wat ge-enterit, mak Mercy dit tottie top 4. Tickets vi dié production wôd ytvekoep en although in Ramadaan, bringie Moesliem supporters hulle boeka treats, darels en waterbotteltjies saam op hulle skote en in hulle bêgs om hulle pwasa op tyd te briek. Best of both worlds I suppose.

Die Baxter Teater se Fires Burning Company-mentors, Carlo Daniels and Tamzin Williams, met die Mercy-span: Vuyokazi Bulu (Constable Godana), Jethro Dylan Thomas (Latief Momsen), Zubayr Charles (skrywer en regie), Sharfa du Plessis (Lameez Momsen), Jennifer Morris (Mercy Killarney), en Ibtisaam Florence (Aunty Kaashiefah Momsen).

Charles kryit reg ommie audience te dictate oo hoe hulle gan voel en djy sienit innie reactions vannie audience tienoorie play. Dan lien van hulle vorentoe en sit hulle kop op hulle hanne geanke op hulle knieë vi support. ’n Anne haal haa bril af innie hoep dai scene innie rooi lig, waa nurse Mercy by order aunty Kaashifa van haa sorrows sal release, sal genoeg wies ommit vi haa te soften. Anne lag virrie constable en haa KFC moment – whateverie reason, Charles spend soeveel energy op sy humoristic scenes soes wat hy op sy intense emotional scenes spend en thus voel mens nooit lopsidedie. Charles se respek vi sy audience is clearly visible in sy storytelling.

Jethro Dylan Thomas (Latief Momsen) en Ibtisaam Florence (Aunty Kaashiefah Momsen)

Alhoewel djy met constant nuwe en intense themes confront wôd, voel djy nooit is te veelie. Djy wôd gechallenge tot net op jou drimpel wel, maa djy vestaan die importance vannie subtext vannie play. Is weinag wanne djy sien temas geweave in ’n netjiese web, maa elke uitbloei vorm pât en parcel vannie overall storie en vorm ’n bien of ’n arm vannie volle production – seamless gestitch side to side.

Sharfa du Plessis (Lameez Momsen)

Die use van technical sound clips, for example, die Law & Order tune onnebriekie flow slightly vannie energy vannie play once, maa die association is moertoe effective ennie scene grab dai glitch soe vinnag, die audience vegiewerie technician se starage vinges.

Jennifer Morris (Mercy Killarney)

Charles lê Xhosa, Ingels en Afrikaans, sowel assie Cape Moesliem vernacular netjies langs mekaa in dialogue en djy voel uber South African en at home in jou seat. Harmonious langs mekaa voelie tale soes neighbours ennie characters ampe familie because of dai reason. Die play is diverse, die audience oek. Mettie interview saam Zubayr narie play repeat hy homself mienage kee as hy sê: “Ek sallie liegie, dit was blerrie harre wêk!” As djy as skrywer mienage tale host, baklei hulle dikwels wie moet feature en djy onnevind constantly dat djy jouself onwietend translate, ma ommat Charles se casting en insight oppie topics en characters wat hy skep, simply die storie vetel in sy most honest form, sonne om te try afbriek van mekaa doen, raakie taal ’n tool en ’n character all on its own too.

Vuyokazi Bulu (Constable Godana) en Jennifer Morris (Mercy Killarney)

Met die honest narration van sensitive en taboe themes, ve’al innie Cape Moesliem community, briek Charles dialogue oepe wat as controversial in Islam gesien sal wôd, want elke Moesliem wiet: Jannat lies under the feet of thy mother. Daa’s no ways wat djy jou oues in ’n home ooit sittie, let along jou ma – jou Jannah. Charles challenge’ie status quo en lossie vraag innie audience se skoot om hys toe te vat, deur vannie reasons vi sukke actions met respek te offe sonne om te preach. Hy dryf sy dialogue vêre innie title, Mercy, wat nou without cognisant knowledge die audience ’n veelsydage meaning rondommie topic offer en dalk oek ’n nuwe definition create. Met dié brave stamp tienie diskoers is hy g’n timid en klein as hyrie play oepmaak mettie geskrie van aunty Kaashifah: “Hulle’t my weggegooi! Hulle’t my weggegooi!” in repeat, wat deu jou hat ruk en jou spine regop yank en sê: Pay attention. Djy need hie present wies.

Met dié type of storytelling – die 2+2 system wat deurie American Pixar storytellers primarily successful gebryk wôd – follow Charles stêk hulle lead. Daa waa hyrie audience lat saam wêk narie conclusion, ’n open ending los ennie audience moet decide whether aunty Kaashifa maniegalet of het sy simply in hiding gegan solat haa kids se liewens kan vootgan. One never knows, maa djy speculate en dit ve’al pester jóú sense of mercy, jou capacity, en force some sort of introspection om die storie completely klaa te vetel. ’n Goeie storieveteller gie vi sy audience iets om an te kou lank na hy sy meal geserve’it. In Zubayr se woore: “I just want to write, create art and have my work reach a wider audience.” Well, hy’t daa’in gesucceed, cos sy narrative is nou oep vir ’n challenge. Mental health in Islam en anne cultures en religions is nou onnerie kalklig en die tafel is gedek.

Soe Masha-Allah Zubayr Charles. In every sense of the word, Masha-Allah indeed. God has willed it ennit staan nou op eie voet ready ommie wêrel yt sy slumber te ruk. Soe dallah what you must, my masekind en slamat virrie Best Supporting Actress Award wat Sharfah du Plessis (Lameez) gewennit ennie nomination van Jethro Dylan Thomas (Latief) vir Best Actor onnerie top 4. Suwhallaai, daa het truly mienage mooi dinge innie Baxter gebeu.

  • Fotografie: Thaakierah Abdul
Lees ook:

A theatre review of Mercy by Zubayr Charles

Q&A with writer and director of Mercy, Zubayr Charles

  • 1

Kommentaar

  • Rabeah Rasdien

    Ek sal nie in die pwasa kan gaan nie, maar ek hoop dit is nog "aan" na Ramadan. Insha’Allah.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top