#litnetwoord2015: Tweede golf inskrywings

  • 4

Lees ook die eerste golf inskrywings hier.

Hieronder verskyn slegs een woord-inskrywing per persoon.

Wonder jy oor sekere woorde of waarom mense hierdie woorde gekies het?  Verduidelikings en omskrywings word later geplaas.


 

Fieterjasiekoffer - Mandia Borman
Minder - Carine de Beer
Ja-nee - Kirby van der Merwe
Student - Wilna Adriaanse
Selfliefde - Peter Snyders
Meertaligheid - Engela Geyer
#RhodesMustFall - Stephanus Muller
Miljarde - Corrie Jacobs
Zunami - Dominique Botha
Jeug - André Kearns
Taalbeleid - Adéle Changuion
Waagmoedig - Anne-Marie Beukes
Harlaboerla - Coenie de Villiers
Tasskerm - Amanda Claassens
Meertaligheid - Willem Botha
Afrodoks - C Klopper
Droogte - Chris Rossouw
Protes - Louise Venter
Domastrant - Piet van Rooyen
Taalghoeroe - Zandra Bezuidenhout
Emotikontjie - Fanie Viljoen
Transformanie - Theresa Papenfus
Huts-aktivisme - Johann P Boshoff
Bangbroekuniversiteit - Eep Francken
Bekgeveg - Max du Preez
Boomskraap - Lien Botha
Transformasie - Phillip Louw
Blits - SP Benjamin
#OpenStellenbosch - Marna Phillipson
Onsnaaks - Amelia Burger
Taaldebat - Hester van der Walt
Lyflastig - Juliana Coetzer
Poenantjie - Antoinette Louw
Besig - Johan Muller
Diskoers - Eldaleen Hugo
Taalbeleid - Nini Bennett
Windpomp - Mercia Eksteen
Poespas - Elbie Stewart
Kakiebosch - Breyten Breytenbach
Water - Elizabeth Hentschel
Val - Jaco Roux
Skaliegas - Dirk Laurie
Hutsmerk - Lynné Schoeman
#Kampuskoors - Ollie Olwagen
Potgooi - Riaan Venter
Skuld - Barend van der Merwe
Aardverwarming - Tiaan Grobler
Beurtkrag - Karin Hougaard
Vlammetjie - Karina Szczurek
Breekpunt - Krokodil Ngwenya
Dekoloniseer - Roné McFarlane
Luister - André Badenhorst
Oorspronklik - Tony Ridgway
Doodsnikdrie - Wessel Stoltz
SlimWim - Sheritha Ramparsad David
Miskien - Martie Preller
Verengelsing - Natasja Schellaars-le Roux
Droogte - R van Zyl
Transformasie - Anton Dockel
Fall - Mike van Graan
Wedstrydplan - Bun Booyens
Meelewing - Lunéll Kruger
Genadereën - Annette Malherbe
Vryval - Germien Pauw
Gelykheid - Emile Opperman
Geld - Hilly Mohr
Awêh - Heindrich Wyngaard
Nkandla - Elizabeth Muir
HutsMerk (hitsmerk) - Mike Jansen
Skwape - Mary Sadler
Opstand - Thomas Mollett
Beurtwater - Christo Viljoen
Rubriekfabriek - Hana Viljoen
Verbystering - Wynand van Beek
Verryk - Marietjie Jordaan

  • 4

Kommentaar

  • Avatar
    Mandia Bornman

    'Fieterjasiekoffer' was my inskrywing, (maar ek sien jul het my naam én van verkeerd gespel). Ek en my man het besluit ons waarsku ons kinders teen 'taalrommel': woorde wat die taal verfonkfaai. Een van my gunsteling reis-items is 'n klein tassie vol 'goeters'... daar is naellak, naellakverwyderaar, selfs kleeflint en sneusies in. Hoe kry mens dit dan oor jou hart en noem dan dié tassie 'n "Vanity Case", as hy gevul is met soveel mooie Afrikaanse snuisterye? So kom Fourie (my man) toe op met die mooiste woord ... "Mandia, is jou fieterjasiekoffer gepak en gelaai?" Groete. (Mandia, groot verskoning vir die verkeerde spelling van jou naam en van; dis reggestel - LitNet)

  • Avatar
    Waldemar Gouws

    Ek wonder of Mandia Bornman se sneusies dalk behoort tot die versweë woordeskat van die husse (wat eens weens hul onbeheerbare lang en half-dowe ore ondergronds moes gaan maar deesdae danksy politieke korrektheid flink voor man en muis verskyn. Ek hoor hulle praat van "sneusie" verby.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top