LitNet | Sanlam Resensiekliniek by die US Woordfees 2012

  • 0

As jy ’n boekliefhebber is wat sterk opinies vorm terwyl jy lees, is jy dalk net ’n gebore resensent. 

Marius Crous is die aanbieder van LitNet se resensie-skryfskool, waar deelnemers die geleentheid sal kry om die fynere kunsies van resensering te bemeester. Met Marius se goeie raad en praktiese kritiek op jou eie resensie kan jy dalk net eendag jou naam op die boekeblaaie sien.

Voornemende deelnemers moet die volgende twee opdragte uitvoer:

· Vertel ons in 150 woorde waarom jy resensies lees. Is daar spesifieke resensente se werk wat jy bewonder? Indien wel, waarom?

· Skryf ’n resensie van 500 woorde (sonder om enige bronne te raadpleeg) oor Hiervandaan van Dana Snyman of Skool deur Theo Kemp.

Stuur jou opdragte en kontakbesonderhede na [email protected]. Inskrywings moet ons voor 20 Februarie bereik. Suksesvolle kandidate sal op 24 Februarie gekontak word om hul deelname te bevestig.

Die resensiekliniek sal op 6 Maart plaasvind by De Hoek-gastehuis in Stellenbosch.  Kaartjies kos R200 en sluit middagete by De Vette Mossel in. Jou kaartjie vir die middagete-gesprek “Watter resensies kry die groen lig?” is ook by die prys ingesluit.

Baie belangrik: Moet nie ’n kaartjie vir hierdie werkswinkel koop voordat ons jou ingelig het dat jy gekeur is om deel te neem nie.

Klik hier om Skool te koop by Kalahari.com.

Klik hier om Hiervandaan te koop by Kalahari.com.

Klik hier vir die volledige US Woordfees-program.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top