LitNet Akademies-leesgoed: Francois Tolmie

  • 0

Francois Tolmie deel sy top leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.

Theologie des Neuen Testaments deur Udo Schnelle (Van den Hoeck & Ruprecht)

Daar verskyn op gereelde basis nuwe teologieë van die Nuwe Testament, maar hierdie een bly wat my betref die beste. Dit gaan dikwels in fyn detail in op die verskillende teologiese momente, maar skenk ook genoeg aandag aan die groot oorkoepelende lyne in die teologie van die Nuwe Testament. Waarvan ek veral hou, is die vier groot keerpunte wat Schnelle gebruik om die teologie van die Nuwe Testament oorhoofs te struktureer.


Crowdie and Cream and Other Stories. Memories of a Hebridean Childhood
(Sphere) deur Finlay J MacDonald

’n Boek wat uit die tagtigerjare dateer en telkens herdruk is. Dit is ’n nostalgiese weergawe van die skrywer se kinderjare op een van die buitenste Hebrides-eilande aan die Skotse kus, in die tydperk tussen die twee groot wêreldoorloë. Sommige dele is skreeusnaaks, terwyl ander dele die harde realiteit van die grootwordjare op ’n aangrypende manier beskryf.

Koop dit by Kalahari.com


Die Laaste Afrikanerleiers
(NB Uitgewers) deur Herman Giliomee

'n Baie interessante blik op die rol wat die laaste Afrikanerleiers gespeel het in die vorming van die geskiedenis van SA. Ek het veral gehou van die manier waarop Giliomee die gebeure aangebied het vanuit die perspektief van elke leier sodat 'n mens 'n baie goeie idee kan kry van elke leier se goeie en swak punte.

Koop dit by Kalahari.com

 

Klik hier en vind uit wat sê die res van ons akademici.

 


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top