Lienka deur Lienka

  • 0

Lienka

R90.95

 

 

Die blinkoog blom van ddisselblom het haar eerste solo-album gemaak – Lienka.

Kô’s wees eerlik: Wie kan Lienka se definitive recording van “Valkenburg” (Ingrid Jonker) op ddisselblom se CD ddisselblom vergeet? Alle ander weergawes van dié song gaan verder aan Lienka s’n gemeet word. Verkleurmannetjie, eat your heart out!

En nou kan jy daardie stém, daardie aanvoeling, oor en oor hoor (= jóú rede om die album te koop). Ag, ons vergewe maar die musiekverwerker die ddisselblom-klankies wat nog te dikwels deurskemer.

Hoendervleis is haar cover van Eva Cassidy se “I know you by heart” – sad viole en al. Maar net té naby aan die murg en been van menige (gekwetste) hart is “Somehow my love”, met woorde soos "As my woorde, krom en kaal, jou misloop elke maal",of later, "If you fall I want you to come home and if you break I want you to be whole."

Ja, Afrikaans én Engels.

Geniet Gian Groen se “Wag-‘n-bietjie-bos”. Geniet “What love does” saam met Prime Circle se wonderstem Ross Learmonth. O, en geniet die folksy “The Muse” en die funky “Luuks”, albei met musiek en woorde deur manlief Jaco Spies en Fanie Coetzee.

Onthou, jy luister na dié soort album – dis nie dansmusiek nie.

Maar, ai, tog, die musiekmense verstaan nog nie dat jy nóóit ‘n stem soos Lienka s’n verdrink met oorproduksie van band en verwerking se kant af nie. Wees gewaarsku. Dit gebeur plek-plek. Hou dus die woorde in die CD-biljet byderhand.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top