
Met die Taalgenoot-redaksie se vriendelike vergunning deel PEN Afrikaans artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2018-uitgawe. Wat ’n plesier! Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie. Klik gerus op die skakels onder om gehalteleesstof gratis in PDF-formaat af te laai.
- Schalk Schoombie vertel meer oor die literêre gonswoord “cli-fi”, wat verwys na “climate fiction”, oftewel klimaatsfiksie. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Die veelbekroonde Jolyn Phillips is hierdie keer aan die woord in PEN Afrikaans se rubriekreeks, Boeke wat skrywers laat skryf. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Is daar ’n wenresep wanneer dit by jeugboeke kom? Is daar taboes? Izak de Vries gesels met jeugboekskrywers oor waarom ouers ook daarby kan baat om jeugboeke te lees. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- In die Oppirak-afdeling praat Johan Myburg met Maaike Bakker en Cow Mash, twee jong kunstenaars wat hul merk in die gevestigde kunswêreld maak. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Lees meer oor die Piemp-projek wat digkuns onder jongmense bevorder. ’n Groep leerders van Weltevrede Sekondêr in Wellington doen die skryfwerk. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Dit is vir menigte taalentoesiaste ’n droom om met woorde te werk. Gelukkig is daar verskeie taalverwante beroepe. In hierdie artikel vertel mense wat in dié tuig is meer. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Menslike optrede en interaksie op sosiale media is onder die loep in “Die wilde weste van sosiale media”. Wat is die sosiale reëls in dié digitale ruimte? Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
- Riaan Grobler skryf oor lyfstraf: ouers wat maklik ’n pak slae gee, moet nou twee keer dink en ander maniere van dissipline ondersoek. Klik hier vir die artikel in PDF-formaat.
(Klik hier vir die vorige uitgawe.)

Die jongste Taalgenoot, die Herfs 2018-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.
Hierdie uitgawe se tema is "stout". Lees meer oor Jack Parow, Willie Esterhuizen, Bitterkomix, die taaldebat by Kovsies en studente wat stimulantmedikasie gebruik om beter te studeer. Neels van Jaarsveld pronk op die voorblad en gesels onder meer oor sy “stoute dae” en sy alter ego, Enormous Dwarf. Lees ook oor skrywer Piet Matipa en 'n rubriek deur die immergewilde krimi-skrywer Rudie van Rensburg vir die PEN Afrikaans-rubriekreeks.
Wil jy vir Taalgenoot skryf?
Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za
Teken in op Taalgenoot
Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.
Jou opsies is:
Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot
Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot. Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf.

