Boeke, musiek, teater en taal: inhoud uit Taalgenoot se Lente 2017-uitgawe is hier!

  • 0

PEN Afrikaans deel graag met die vriendelike vergunning van die Taalgenoot-redaksie artikels en resensies uit dié kwartaallikse tydskrif se Lente 2017-uitgawe. Hierdie inhoud is nie elders digitaal beskikbaar nie. Klik gerus op die skakels onder om dit gratis in PDF-formaat af te laai.

Ons wens die redaksie ook hartlik geluk: die Suid-Afrikaanse Publikasieforum het Taalgenoot as ons land se beste interne tydskrif aangewys.

(Klik hier vir die vorige uitgawe)

Die jongste Taalgenoot, die Somer 2018-uitgawe, is nou beskikbaar op die rakke van uitgesoekte Exclusive Books-winkels.

In hierdie uitgawe, met die klem op jeug en jeugdiges, is die werk en perspektiewe van jong talent soos regisseur James Erasmus, komponis Franco Prinsloo en aktrise Mila Guy in die kollig. In haar rubriek skryf die digter en kortverhaalskrywer Jolyn Phillips oor watter boeke haar as skrywer geraak het. Daar is ook artikels oor jong entrepreneurs, taalverwante beroepe en tienertoneel.

Wil jy vir Taalgenoot skryf?

Stuur voorstelle en/of voorleggings direk na die redakteur, Johan Jack Smith: JohanS@atkv.org.za

Teken in op Taalgenoot

Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans.

Jou opsies is:

Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af:

www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot

Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.

Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die drukbare vorm en besonderhede:

www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top