Die Suidoosterfees vind vanjaar van 26 April tot 2 Mei in Kaapstad plaas. Van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars is in verskeie produksies te sien – drama, musiek, boekgesprekke, komedie en vele meer. Klik op die video’s hier onder om te sien hoe hulle jou na die fees uitnooi.
Hier is die volledige feesprogram. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.
***
Sandra Prinsloo speel die rol van Elsa Joubert in Spertyd.
KykNET Teater, Kunstekaap: 29 April 20:00, 30 April 11:30, 2 Mei 13:00
Deon Lotz en Brendon Daniels is te sien in die komedie Kamp.
KykNET Teater, Kunstekaap: 26 April 20:00, 27 April 11:30
Die kinderteater-produksie Pietersielie en Roosmaryn vertel stories! spog met Dean Balie en Bianca Flanders in die hoofrolle.
Marmerportaal, Kunstekaap: 26 tot 28 April 10:30 en 13:30
Gary Naidoo vertel waarna jy kan uitsien in Ekstr-r-r-avaganza.
KykNET & kie Operahuis, Kunstekaap: 27 April 14:30 en 20:00, 28 April tot 30 April 20:00, 1 Mei 14:30 en 20:00, 2 Mei 14:00 en 18:00
Cintaine Schutte praat oor Die dinge van ’n kind.
KykNET Teater, Kunstekaap: 28 April 20:00, 29 April 11:30, 2 Mei 16:00
Andrico Goosen vertel van sy NATi Jong Sterre-debuut But baby, I love you.
NATi Arena, Kunstekaap: 1 Mei 14:30
Breyten Treurnicht vertel meer oor die musiekproduksie Drome het vlerke.
KykNET Teater, Kunstekaap: 1 Mei 20:00
Ben Pienaar speel Ludwig von Beethoven in die drama Beet.
NATi Arena, Kunstekaap: 26 April 18:30, 27 April 14:30, 29 April 18:30
Gerhard Visagie gesels oor die NATi Jong Sterre-produksie Mannetjie.
NATi Arena, Kunstekaap: 1 Mei 20:30

