Kringloop

  • 0

Paradeer ek my Instagram lewe
skroomloos geredigeer.
Oë wat verwond-erd verorber
wat ek met flair vomeer.

Staar ek honger snags en draal
deur ander se vals fragmente.
’n Maalkolk waarin ek myself 
bedrieënd oortuig ek faal.

Laai verwoed en kieskeurig
kind se uitbundig’ lag,
reikhalsend na perfeksie
wyl haar oë na myne smag.

Lees ook

’n Handvol haikoes uit Italië

Trenodie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top