Kennisgewing: Die Boer-teaterrestaurant se deure is weer oop

  • 0

Versprei die nuus: Die Boer-restaurantteater se deure is oop … op 24 September, op Erfenisdag. Ons wil graag glo Die Boer laat ook ’n erfenis na. Soos Jurg Human, mede-eienaar van Die Boer, sê: “Die lewe sonder teater is nie ’n lewe nie.” Een van die ergste dinge van grendeltyd was vir seker die verbod op sosialisering, maar gelukkig mag ons nou, met die regte protokol in plek, weer in die Boer ’n bord kos van chef Jean Louis kom aanbied om saam met vriende en familie om die tafel te nuttig en te kuier terwyl van ons land se topkunstenaars ons vermaak.

Program:

Ons skop af op 24 September met ’n middag- en aandvertoning van Pietman Geldenhuys.

25 September is dit Rupert and the Thunderbirds.

26 September: Wicus van der Merwe

27 September: Bottomless Coffee Band

29 September: Blues Tuesday en 30 September: Barry Hilton.

Vir die volle program en besprekings, besoek www.dieboer.com of skakel 021 979 1911. Sitplekke is beperk, so bel nou!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top