Sowat twee jaar gelede het Neelsie voorgegee Afrikaner Calvinistiese ouers is te sleg om vir hulle kinders christelike opvoeding te gee, en verwag dit van die staat in die vorm van Nasionale Christelike opvoeding, wat die ouer dan meer tyd gee om agter geld en plesier aan te jaag. In teenstelling beeld hy toe die “pragtige” katolieke stelsels van skole opvoeding.
In al sy skrywes oor Calvinisme, maak Neels staat op persoonlike ondervinding (veral sy burgermagdae).
Daar gelaat. In Europa is Ierland, Pole en België van die mees katoliekste lande. Meer katoliek as selfs Italia, Portugal en Spanje. Gepraat van Nasionale Christelike opvoeding! Ha! In Ierland verlaat die staat alle opvoeding in die hande van die verskillende katolieke orders, en vernaamlik die “Christian Brothers” vir seuns, en “Sisters of Mercy” vir meisies. Maar dis te pragtig hoe die katolieke skole daar werk, né Neels! Of is dit?
TOE KOM DIE RYAN VERSLAG! (voltooi in 2009): Dit stuur skokgolwe dwarsdeur Ierland en Brittanje. Die brutaliteit, die verkragtings, molestasies, vernederings van skoliere, ens deur priesters en nonne. (Lees gerus Guardian UK 20 Mei 2009, Ierse verslaggewer Henry Mc Donald). En dit is nie net geïsoleerde gevalle nie, maar landswyd, ’n kultuur van skande!
Die katolieke kerk het alle hindernisse in die pad geplaas om te keer dat die verslag suksesvol afgehandel kon word, die dat dit jare geneem het om te voltooi.
William Wall, in nabetragting oor die Ryan verslag skryf: “If I were a good man and a priest, I would leave the catholic church now” Dit sê veel! Die feit dat na twee jaar met al die kennis van hul manewales, is Neels nog steeds katoliek, volgens William Wall, kan hy dan nie ’n goeie mens wees nie.
Maar nie net Ierland nie. Hierdie is ’n wêreldwye verskynsel in katolieke skole, die pragtige skole stelsel waaroor Neels so in vervoering raak. As gevolg van klagtes ontvang, slaan die polisie toe op die katolieke hoofkwartiere in België en konfiskeer kompers as bewysstukke. Katolieke samewerking? Ai Nee! Die Vatikaan protesteer hewig!
“In June 2010 (’n karige 3 jaar gelede), Belgian police raided the Belgian Catholic Church headquarters in Brussels, seizing a computer and records of a Church commission investigating allegations of child abuse. The authorities are investigating accusations that some (of is dit baie meer!) Belgian clerics sexually abused children. Hundreds of such claims had been raised since April 2010, when the Bishop of Bruges, Roger Vangheluwe, admitted to molesting a boy and resigned.[40] The Vatican protested against the raids,[41] which Belgian police stated that were in response to complaints of deaths threats against witnesses and magistrates.”
In my skooldae te Durban, het ek vriende gehad wat skoliere van Marist Brothers (katolieke skool) was. Dis die dat my kennis van katolieke redelik goed is. Ek het my altyd verwonder aan hulle stories oor hoe hierdie of daardie katolieke “broeder” te lief was vir die rottangtoediening. G’n wonder dat van hulle wat later gay uitgedraai het, te lief vir pakslae onder seks is, seker dieselfde geld vir vorige straight skoliere wat onder “femdom” met die sweep gemartel wil word. Ek was ook baiemaal saam met hulle na die Musgrave Road Katedraal wanneer hulle die misbediening wou ontvang.
Afrikaner Calvinisme se onvermoëns is ’n piekniek in vergelyking met Neels se katolieke kerk se manewales.
Alhoewel ek ’n ateïs is en sal bly, sal ek altyd ’n sagte plekkie in my hart vir die susterkerke hê. Louis Fourie, die patriarg van tussen 40000 en 50000 Fourie’s vandag, het van sy tuisdorp Pontaix in Frankryk as Hugenote na Holland toe gevlug, weg van die Katolieke vervolgings daar. Die Fourie-familie as volgelinge van Peter Waldo (Lyons - 1177) was anti-Katoliek selfs 400 jaar lank voor die samesmelting van die Waldense met die Hugenote in 1532. Dus vandag steeds, het ek ’n weersin aan hierdie vieslike kerk in samesmelting met paganisme gebore. (Neels se sinkristiese samehorigheid)
Jaco Fourie


Kommentaar
Soos enigeen met verstand, vat ek die ergerlike en onthutste verdraaiings hierbo van wie dit kom - die snotkop Jaco Fourie (soos die ander wyse belangstellendes en deelnemers hier ook wel van kan getuig).
Siestog, die arme Jaco Fourie - en daarby nog die las van sulke roekelose slimjanne op die samelewing ook (soos troue belastingbetalers en ander bydraers tot versekering en mediese fondse ten duurste van kan getuig).
STERKTE Jaco Fourie - en asseblief; nie te danke nie ...
Met erge sooibrand en van diep uit my pankreas,
Cornelius Henn
Cornelius jy is seker tevrede met jou antwoord aan Jaco - dis dan afgehandel. Waarby jy nou moet uitkom is om ons ander lesers in te lig. Daar rus 'n verpligting op jou om die "onthutste verdraaiings" reg te stel. George
George, die stelling deur Jaco Fourie in sy eerste paragraaf is in geheel fiksie en bedoeld om my te belaster ... wat van die gewone en beskaafde protokol waarin Jaco Fourie, en nie ek nie, 'n skakel of 'n aanhaling uit enige van my bydraes plaas waarop hy sy gewaande stelling grond? ... Jaco Fourie lieg ... dis mos onbillik om nou van my te verwag om sy uitskeidings te visenteer ... nee wat George, ek is ook nie hier om 'm populariteit kompetisie te wen, of om te veel aandag aan sulke onsin te gee nie ... glo maar gerus vir Jaco Fourie as jy wil ... Cornelius Henn
HeHe! Neelsie.
Ek 'n "snotkop"? HeHe!
Is jou verweer 'n tipiese Katolieke een, dws geen verweer nie maar net beledigings om jou onvermoëns te probeer verberg. Is dit nie wat die Vatikaan deurlopens onder die vorige pouskap gedoen het met die polisieondersoek in België nie?
Ek verstaan die VSA soek antwoorde van die vorige pous toe hy nog 'n kardinaal in die VSA was. Wat dink jy moontlk kan daardie vrae wees? Weet jy miskien, of moet ek nog uitlig met verdere bronverwysings.
Jaco Fourie
Die arme Wouter Ferns tik: "Ek [Wouter Ferns] herhaal weer, beide Jaco en myself roer nooit hierdie onderwerp aan nie, dit is net repliek op jou [Kobus de Klerk] aktivisme, met die heilige teks onder die arm en god aan jou kant en jou voorskrifte vir die samelewing. Dit is belaglik die verwaantheid (sic) wat julle het om julle wil te laat geskied, en dan bring jy goedkoop die 'kindertjies' weer in. So as 'n gay persoon nie liefde soos enige ander mens aan 'n kind kan betoon nie. "
Siestog, die "nerd" Wouter Ferns lieg dat 'n mens die uitskeiding tot hier ruik!
Geheel en al ongevraagd en sonder enige provokasie, het Jaco Fourie in minder as 'n week die volgende onthutstheid en ergerlikheid onder hoofde "Pouse en homo's" tot "Katolieke skole vergeleke met Nasionale Christelike Opvoeding", gekwyl:
https://www.litnet.co.za/Article/pouse-en-homos
https://www.litnet.co.za/Article/indien-sodomiete-nie-uitgeroei-word-nie-straf-god-die-hele-volk
https://www.litnet.co.za/Article/die-katolieke-kerk-aan-te-kwyn-in-europa
https://www.litnet.co.za/Article/katolieke-skole-vergeleke-met-nasionale-christelike-opvoeding
Jaco Fourie se leuens en laster daarin is so absurd dat geen sinvolle gesprek moontlik is nie.
Eweneens die onsin wat die arme Wouter Ferns hierbo kwytraak.
Dis algemeen dat boewe hulself tussen sagte teikens plaas om sodoende minstens die risiko van trauma aan omstanders te versoorsaak, sou daar teen hulle opgetree word.
Die werf is nie veel anders waar swak opgevoede en beginsellose persone onder 'n dekmantel van "akademie", hul bedrog voer en daarmee boonop ook in ander se karakter klim.
Verskoning aan die sensitiewe belangstellendes hier, maar kaalvuis teenoor hierdie boewe is die enigste om die ronde waarheid te stel.
Cornelius Henn
Ek is geen kundige en het geen ervaring omtrent pedofilie nie ...
Ek is ook geen segsman namens enige instansie, of godsdiens nie ...
Derhalwe, al my homoseksuele vriende en met respek, het al hartseer teenoor my getuig dat hulle as kinders deur die een of ander vertroueling gemolesteer is - en nie een van die boewe wat hulle aangedoen het, was Katoliek nie.
Moet die molestering deur Katolieke priesters, meer aan die kaak gestel word in die samelewing as die molestering deur ooms, tannies, neefs, onderwysers, ... en Protestante dominees?
Dis presies sulke molesteerders se taktiek; om die vinger na die Katolieke vandag te wys en met groot sensasie die aandag van hul eie laakbare dekadente en promiskue gedrag te lei!
Nie een van die kerk of die Bybel is volmaak nie.
Inteendeel, die kerk is net 'n refleksie van die samelewing op hul knie in hul sonde voor ons almal se Skepper.
Statistiek elders toon ook dat meeste gemolesteerde, molesteerder word.
Beteken dit dat my homoseksuele maatjies nou almal as pedofiele gebrandmerk word?
Nee, gewis nie; net so min as pedofilie die Katolieke se beleid is en katolieke as pedofiele gebrandmerk kan word.
My kritiek teenoor die Protestante, is omdat die Drie Susters eers Apartheid met volle oorgawe in diens van die Regering van die kansel verkondig het, en toe daarna, weereens in diens van die Regering van die dag; verskoning pleit.
Voorts het ek myself menigmaal ten gunste van 'n sekulêre bestel uitgespreek - daarom kan Jaco Fourie nie enige skakels om sy laster hier te bevestig plaas nie, maar gewoon voortgaan om sy skuim te borrel.
Cornelius Henn
... en o ja, maak die feit dat ek homoseksuele vriende en vriendinne het my gay? ... hoekom maak vriende en vriendinne met baie geld in die bank my dan nie ook ryk nie?...
Nou toe nou Neelsie.
Pleks om omslagtige karakter sluipmoord, soos hierbo, met my te pleeg, wanneer gaan jy die Katolieke onderwerp aanroer en verdedig, of is dit die geval van 'n mens, selfs jy, nie die onverdedigbaar kan verdedig nie.
Indien jy nie die lesers anders kan beïndruk mbt die Katolieke kerk nie, het jou aktivisme vir die Katolieke kerk en jou sinkristiese godsdiens sleg in die slag by SêNet-lesers gely.
Sterkte maat in jou pogings, indien jy kans daarvoor sien
Jaco Fourie
Woer-Woer
In jou jongste respons maak jy vele stellinge sonder enige bewyse om hulle te staaf nie. Totdat jy vir ELKEEN van hierdie stellinge nie bewyse kan lewer nie, is dit billik om te aanvaar jy lieg blatant vir SêNet-lesers.
In teenstelling het ek vele betroubare bronverwysing vir SêNet-lesers aangegee wat die Katolieke kerk uitlig vir wat dit is, 'n kerk vrot van haar kop (pouse) tot haar tone (priesters), in werklikheid so melaats, waaraan daar geen gelyke is nie.
Of hoe sê jy Neelsie?
Jaco Fourie
Jaco Fourie se inleiding hierbo lees: "Sowat twee jaar gelede het Neelsie voorgegee Afrikaner Calvinistiese ouers is te sleg om vir hulle kinders christelike opvoeding te gee, en verwag dit van die staat in die vorm van Nasionale Christelike opvoeding, wat die ouer dan meer tyd gee om agter geld en plesier aan te jaag. In teenstelling beeld hy toe die “pragtige” katolieke stelsels van skole opvoeding."
Daar kan min twyfel wees dat die "Neelsie" na wie hy so neerhalend verwys, ekke kan wees.
My tyd is te kosbaar om nog aan hierdie soort onsin af te staan, maar indien enigiemand wonder oor my standpunt omtrent Godsdiens, opvoeding (skool) en die Staat, kan hulle onder nog vele meer die volgende skakel lees:
http://www.argief.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=print_article&news_id=74431&cause_id=1270
Dis slegs een van menige waarin ek dieselfde standpunt handhaaf.
Ek hoop dat Jaco Fourie se algemene en aksionabele omgang op die werf, nadese duidelik aan al die wyses hier sal wees.
Cornelius Henn