Pouse en homo’s

  • 0

Kom ons plaas sy Roomse Kerk onder die vergrootglas.

Die Pous met sy titel “Vicarius Fillii Dei” is die verpersoonliking van God op aarde.  Wanneer die verklaring “Ex Cathedra” (soortgelyk aan die “hocus pocus” verklarings van hekse van ouds) deur hom gemaak word, praat hy in die hoedanigheid van God.  Maak nie saak hoe sleg ’n pous was nie, in Roomse tradisie:   “it (die kerk) believes it does not undermine the Catholic doctrines considering the authority and succession of the Papacy from Saint Peter the Apostle.” (Wikipedia).

  1. Pope Sixtus IV (1471–1484) was alleged to have awarded gifts and benefices to court favorites in return for sexual favors. Giovanni Sclafenato was created a cardinal by Sixtus IV for "ingenuousness, loyalty,...and his other gifts of soul and BODY",[43] according to the papal epitaph on his tomb.

Hierdie pous het ook ’n magdom (gay?) kunstenaars gekry om die Sistine Chapel asook ander welbekende geboue in Rome en Italia te ontwerp en op te rig.

“Like a number of Popes, Sixtus IV adhered to the system of nepotism”. (Wikipedia)  Hierdie pous het sy posisie misbruik om familielede in sleutelposisies in Italia te bekom, en was ook deel van ’n poging om die regerende de Medici-familie in  Florence te vermoor en met sy nefie Girolamo Riario te vervang, sonder sukses. 

Die Bybel leer dat God alleenlik as Heilige Vader aangespreek mag word. Selfs Christus dra nie hierdie titel nie. In die Roomse Kerk word die pous wêreldwyd as “Heilige Vader” gedienstig aangespreek en eerbiedig.  Hierdie einste pous (Sixtus) was die “Heilige Vader” (God?) van die “Papal bull  -  Exigit Sinceras Devotionis Affectus”,    wat die inwerking van die Spaanse Inkwisisie tot stand gebring het, wat enige opposisie teenoor die Roomse Kerk wreedaardig onderdruk, en wat die Roomse kettery in die keelgate van die inboorlinge van hulle kolonies afgedruk het, deur middel van verbranding; honde-verskeurings; lidmaat-rek-en-verskeurings; onthowings; en enige ander denkbare “beskaafde” middels om “bekeerlinge” te kan bekom, en “verdwaaldes” terug te win.

  1. Dan is daar pous Sixtus se onmiddellike voorganger, wat soos volg deur Wikipedia sagtens voorgestel word:  “Pope Paul II (1464–1471) was alleged to have died of a heart attack while in a sexual act with a page.[42]”.  Prontuit gestel.  Dit word beweer dat die jong seun die pous met sy paling, die vagevuur verby, tot in sy sewende hemel doodgesteek het. Paul II se dood word Sixtus IV se brood.  En vandag? Die katolieke kerk is vrot van die pedofiele onder hulle priesterlikes, merendeels dade met jong seuns.  Die katolieke sondaar wat gaan om vergifnis vir sy sondes van ’n priester aan te vra, kan moontlik later uitvind dat hy deur ’n pedofiel vergewe was. (Hoe kry hierdie kerksmense die kluitjie by die oor beet?!). Dank die Heilige Vader, die huidige pous, ek is ’n ateïs! 
  1. Pope Leo X (1513–1521) was alleged to have had a particular infatuation for Marcantonio Flaminio.[45]  Several modern historians[3] have concluded that Leo was homosexual. Contemporary tracts and accounts such as that of Francesco Guicciardini[4] have been found to allude to active same-sex relations – alleging Count Ludovico Rangone and Galeotto Malatesta among his lovers.

Cesare Falconi has examined in particular Leo's infatuation with the Venetian noble Marcantonio Flaminio, with Leo arranging the best education that could be offered for the time.

Hierdie was die einste pous waarteen Martin Luther te staan gekom het, en die Hervorming in Europa soos ’n veldvuur losgebrand het.

  1. Dan het ons pous Julius III (1550-1555), behalwe vir sy ander sekskapades en voordat hy pous geword het, het op ’n 14-jarige straatseun (in vandag se gayterme, “a rent piece” – straathoer), verlief geraak, by name Innocenzo Ciocchi Del Monte.  Hy kry sy broer om die kind aan te neem, sodat hy nou “familie” (nefie) van hom word en by hom kan inwoon.  Nadat hy pous geword het, het Julius die nou 17-jarige, “rent piece” sonder genoegsame teologiese opleiding, kennis en ondervinding, ’n kardinaal, ’n rang net onder die pous s’n, gemaak. Ander kardinale het jarelange se studie en dissipline ondergaan om hierdie pos te kan bekom, was eers priester, arts-biskop, biskop, (of is dit anders om?) en dan kardinaal.

    
Bygesê. ’n Groot gedeelte van die Roomse hiërargie was met hierdie pouse se sekskapades gewalgd gewees, maar kon nie beswaar maak nie, want hier op aarde is die pous mos net ’n halwe trappie onder God, en spreek namens God teenoor die mens!  So as God niks aan die pous doen nie, dra dit dan mos God se goedkeuring weg, by implikasie (of hoe?).

Wat sê jy Cornelius?

Jaco Fourie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top