
Hulle sê altyd dat sekere paaie is die moeite werd om te explore, maar wanneer jy daai roetes en landskappe explore, sal jy sulke dinge koester. Al is dit ook wanneer jy vir werksverpligtinge gaan.
Vat maar nou my storie vir verlede maand vir die hele Oktober. Dié pad na Graaff-Reinet / Kamdeboo / Robert Sobukwe Stad. (Ons moet maar seker ons eie keuses maak wat ons hierdie dorp wil noem, want naamsveranderinge is so “gewild” in Suid-Afrika, ons kan nie meer bybly nie.) Dié skrywer sal maar verkies “Kamdeboo”, aangesien dit die naam van Graaff-Reinet is binne-in die taal van sy ABOXAN (voorvaders).
Kamdeboo het my geleer dat mens kan nêrens gaan in Suid-Afrika nie, en nie soos die SABC-advertensies sê: “Let’s take a sho’t left” nie. Dis inderdaad onvermybaar. Kamdeboo het daai element wat ons kan diep en diep explore aan dinge, want onthou: Dis na ║HUI!GAES (Kaapstad), Swellendam (Hessequa-gebied) en !AS (Kimberley) een van die mees geskiedkundige dorpies waar geskiedenisse wat diep gewortel is aan die Khoi, lê. Ons almal weet hierdie vier dorpies was in ons koloniale geskiedenis die hoofstede van die Landdrostkantoor.
Maar laat ons die storie los vir ’n ander dag. Wat uitgestaan het, waar ons in die areas van Kroonvale, Asherville en Spandau spesifiek was, was wat ons kon sien: Die glinster in die oë van ons mense, dat hulle !NAWE (besef) dat ons taal (Khoikhoi) is nog steeds lewend, en dat die samelewing ons uiteindelik al die pad net aan die neus lei om ons te laat ╪GOM (glo) dat daar bestaan geen Khoikhoi as taal meer nie. Daai is nou goeie KAWAKAWAS (restourasie) wat aan ons mense toegedien moet word. Wat ’n goeie manier om so iets goeds te begin.
Mens moet ook bieg dat sekere dinge moet altyd gedoen word om altyd verskil te maak en die narratief te verander. Hengs, die vorige woorde is wat ek in 2024 geleer het, wat ek met Endangered Languages Project (ELP) en StoryCenter van die VSA geleer het. “Net jy kan die narratief verander en die verskil bybring, wanneer daar genoeg spasie, tyd, hulpbronne en gesamentlike gedagtes is.” Dit het vir my ver en diep geklink, maar sodra ek met gesamentlike denkende kollegas skouer aan die wiel gesit het, het alles beter en geheel en al sin gemaak. Taal het weer eens geseëvier en die kollektiewe taak is gemobiliseer.

Wat my ook laat !NAWE (besef) het hoe belangrik empatie is, was wat ek kon sien hoe ons mense in ons SOAS (spasie) veilig gevoel het in die hoofdorp in die teater, waar ons taal- en kultuurwerkswinkels aangebied het en dit pret en interaktief vir ons mense gemaak het, want by tye moet jy net asemhaal en alle negatiewe dinge en bagasie eenkant los (hengs, ons Khoi-mense het baie van al die jare se negatiewe stereotipering, ensovoorts).
Laastens wat aan my ook uitgestaan het, was twee dinge: inheemse kennisstelsels en familiebande. Dis met laasgenoemde wat ek ook na familielede gegaan het wat ek nie geweet het woon in Kamdeboo nie, wat my groot oom my genoem het voor ek vertrek het: “Gaan na daai adres, ons familie woon daar”, en spyt is ek nie, want dit het soos ’n derde tuiskoms gevoel! Klapmuts (my tuisdorp) is nou wel ’n plattelandse gehuggie, maar Kamdeboo in die Karoo-platteland het my weer eens geleer dat die plattelandlandskap sal jou met ope arms ontvang en jy sal nie soos ’n blote vreemdeling voel.
Inheemse kennisstelsels het my al die jare geprikkel en met behulp van die Inqua-Khoi in Kamdeboo se Opperhoof se hulp, kon ons na die Vallei van Verlatenheid gaan. Daai benaming laat my ook !NAWE (besef) dat daardie vallei is glad nie verlate nie. Vir my het dit persoonlik gevoel soos ek het Kilimanjaro uitgeklim. Die simmetriese uitleg laat jou sien ons Khoi-mense was die mees !GA-AISIB (intelligente mense). Alles in die vallei laat jou met BURU (verstomming) kyk hoe alles lyk. Persoonlik vir my kon ek al my probleme los en van vergeet, want vir 90 minute kon ek reflekteer, mediteer en sosialiseer met my kollegas en paar toeriste wat die SOAS (spasie) ingekom het. Al uitdaging is net, jy sal na asem snak as jy hoër en hoër op die vallei se landskap gaan (inderdaad Kilimanjaro-gehalte), want die Karoo se landskap voel soos die Steenbokskeerkring, gevul met hoë lugdruk en ekstremistiese hitte. So waar kan ons sê dat dis “verlate”? In my opinie kan ons sê Vallei van Kalmte, want dis wat jy kry.
Al wat ek kan sê, dat jy kan met werk goeie ekspedisies uitvoer en ervaar, want die lewe as skrywer is gevul met avonture en leefervaring. Beslis.
Lees ook:
The importance of oral history in southern African historiography

