Jeffrey Hartzenberg

Jeffrey Oarasib Hotagob Hartzenberg, oftewel  Oarasib© Rural Poet© is ’n s’krywer, digter, rymkletser en uitvoerende/0pvoerende kunstenaar wat hom ook toespits op kinder- en jeugteater.

Oarasib© Rural Poet© is van Klapmuts, ’n plattelandse gehuggie in die hartland van die Kaapse Wynlandse Distrik tussen Paarl en Stellenbosch waar hy ook sy inheemse wortels sy ryk geskiedenis deur die kunste aan sy plaaslike gemeenskap ten toon stel.

Hy was baie op gemeenskapsradio en nasionale radio- en internasionale platforms om sy gemeenskap se werk te kan blootstel en die ryke waarde daarvan daarmee saam. Onlangs het hy van Artscape ’n Uitvoerende Kunste-sertifikaat ontvang in samewerking met Suidoosterfees en Festival Enterprise Catalyst (FEC) en was ook ’n alumnus van die Kus tot KwaNojoli Kreatiewe Skryfkursus-program van die Nelson Mandela Universiteit (NMMU) - in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting.

Erfenis-tameletjie, |UMIS !GOMSIB

Jeffrey Hartzenberg Menings 2026-09-16

"In erfenis het taal ook baie waarde, en ons Khoi-mense het ook daai trauma en geweld ervaar waar ons GOWAS (taal) van ons geneem is, met veral kerke wat ook ’n rol in dié aspek gespeel het."

Top