Johan Degenaar: Huldigingsgeleentheid

  • 0

Daar sal op Saterdagoggend, 1 Augustus ’n huldigingsgeleentheid vir Johan Degenaar plaasvind wat deur die departement Filosofie in samewerking met die Universiteit Stellenbosch gereël word. Dit vind plaas om 10:00 in die onderste groot saal van die Wilcocksgebou (regoor die Ou Hoofgebou in Ryneveldstraat).

Anton van Niekerk sal optree as fasiliteerder, en huldeblyke sal gelewer word deur:

  • Die Rektor van die US, Wim de Villiers;
  • Prof AB du Toit, student en jare lange kollega van prof Degenaar in die Dept Staatsfilosofie en later professor in politieke studies aan die Universiteit Kaapstad;
  • Prof WP Esterhuyse, student en jare lange kollega van prof Degenaar;
  • Prof Andrew Nash, oud-student en kollega van prof Degenaar en kenner van sy werk;
  • Dr Etienne Britz, student en jare lange kollega van prof Degenaar in sy gespreksgroep;
  • Prof Louise du Toit, voorsitter van die Dept Filosofie;
  • Prof Lina Spies sal ’n gedig (“Filosoof van die hiermaals”) voorlees wat sy ter ere van prof Degenaar geskryf het.

Enigiemand is welkom om die geleentheid by te woon.

Lees 'n huldiging deur Etienne Brits: By die dood van Johan Degenaar (1926–2015)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top