Jazz by die Toyota US Woordfees 2020

  • 0

Cape Town Music Academy (CTMA) en die Toyota US Woordfees bied aan:
Jazz in the Quad en Jazz in Kayamandi by Toyota US Woordfees 2020

Jazz in the quad

Kyle Shepherd Trio
The Unity Band
Mandisi Dyantyis
Ramon Alexander Quartet
Schalk Joubert Band ft Sima Mashazi
10–14 Maart 2020
Visuele Kunste-vierkant, Victoriastraat
Laataand kuierplek met kontantkroeg
Gratis toegang vir alle feeskunstenaars

Jazz in Kayamandi

Fredrik Noren Quintet met Mandla Mlangeni

Jazz in the Quad en Jazz in Kayamandi is ’n reeks topmusiekvertonings met van Suid-Afrika se opwindendste musikante. Hierdie unieke musiekervaring en laataand kuierplek beloof om ’n hoogtepunt van die Toyota US Woordfees 2020 te wees.

Hierdie jaar gaan die CTMA en Woordfees dié laataand kontemporêremusiek- en kuierplek in die Visuele Kunste-vierkant vir die derde keer aanbied, maar vanjaar beloof om selfs beter te wees as 2019, met ’n fenomenale line-up van musikante soos Kyle Shepherd, The Unity Band, Ramon Alexander, Schalk Joubert, Sima Mashazi en Mandisi Dyantyis.

“Verder word die reeks aangevul deur ’n opwindende jazz-vertoning in Kayamandi se Amazink op Saterdag 7 Maart. Die vertoning sal bestaan uit ’n kombinasie van Suid-Afrika se Mandla Mlangeni en Andrew Lilley en ’n groep top Europese musikante soos Fredrik Noren uit Swede en Martin Zenker uit Duitsland,” vertel Vicky Davis, CTMA se programbestuurder. “Vir dié wat lus is vir laataand kuier, is Jazz in the Quad die perfekte plek – daar is topgehalte vertonings, ’n kroeg en kosstalletjies. Feeskunstenaars word genooi om saam te kom kuier. Hulle kan gratis toegang kry.”

Saterdag 7 Maart - Jazz in Kayamandi

Fredrik Noren Quintet met Mandla Mlangeni 
Fredrik Noren – Trompet
Mandla Mlangeni – Trompet en stem
Fredrik Kronkvist – Saksofoon
Adam Ross – Tromme
Martin Zenker – Kontrabas
Andrew Lilley – Klavier

Hierdie vertoning bring twee trompetlegendes bymekaar – die wenner van die 2019- Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar in die jazz-kategorie, Mandla Mlangeni (Suid-Afrika) en die musiekdirekteur en die hooftrompetspeler van die Stocholm Jazz Orkes, Fredrik Norén (Swede). Die kookwaterkontrabasspeler Martin Zenker uit München en ’n paar van Kaapstad se topmusikante sluit by hulle aan.

By Amazink / Bespreek by Computicket.
R80 by Computicket / R90 by die deur.  

Jazz in the quad

10–14 Maart – Visuele Kunste-vierkant, Victoriastraat, elke aand om 21:30:
10 Maart: Kyle Shepherd Trio (met Shane Cooper & Jonno Sweetman)
11 Maart: Ramon Alexander Quartet
12 Maart: The Unity Band
13 Maart: Mandisi Dyantyis
14 Maart: Schalk Joubert en Sima Mashazi

Kaartjies vir al die Jazz in the Quad-vertonings is beskikbaar by Computicket teen R80 / R100 by die deur.

Jy kan ook ’n vyfdagkaartjie teen R300 koop.

Cape Town Music Academy 

CTMA is ’n niewinsgewende organisasie wat daarna streef om geleenthede vir plaaslike gevestigde en opkomende kontemporêre musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap te skep. Die doelwit van die CTMA is om programme en projekte te skep wat die werk van plaaslike musikante en die ontwikkeling van werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie bewerkstellig. Vicky Davis, CTMA se programbestuurder sê: “Die CTMA glo dat SA ’n tuiste is van die beste kontemporêre musiektalent en dat ons musikante met wêreldstandaarde kan meeding. Ons idee is om ons plaaslike kontemporêre musiektalent op die beste moontlike verhoë en platforms ten toon te stel.

Vir meer inligting, kontak die programbestuurder, Vicky Davis, by vicky@ctma.co.za / vickydav@gmail.com of besoek die CTMA se webtuiste by www.ctma.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top