In Memoriam: EL Doctorow

  • 0

doctorow

EL Doctorow, die meesterlike skrywer en Mensch, is oorlede.

EL Doctorow is op 21 Julie 2015 op 84-jarige ouderdom in New York oorlede. Hy is op 6 Januarie 1931 in die Bronx gebore. Sy eerste roman, Welcome to Hard Times (1960), het reeds belofte vir 'n verstommende loopbaan ingehou. Doctorow se groot deurbraak was eers 15 jaar later met Ragtime, wat sy kenmerkende vermenging van geskiedenis en historiese figure met fiksie ten toon stel. Daarna en tot verlede jaar toe het nog agt romans gevolg. Hy laat 'n oeuvre na waarvan elke roman, kortverhaal en een toneelstuk 'n juweel is. Selfs Big as Life, waarvan Doctorow publikasie gestaak het, is spesiaal as deel van die skrywer se lewensverhaal. Doctorow was 'n kunstenaar wat met groot vaardigheid karakters en fiktiewe gemeenskappe soos in die meesterlike Homer & Langley (2009) en World's Fair (1985) "eg" gemaak het én die leser met die skoonheid van sy taal in wonderlike verskriklike wêrelde intrek. Die gebeure, hul moontlike implikasies en betekenisse spook dan nog vir lank daarna by 'n mens. Dink jy aan die mens Edgar Doctorow, dan is dit aan sy ongelooflike kommunikasievermoë, sy kennis, maar ook sy humorsin, die vonkel in sy oog. Doctorow is 'n groot skrywer. Hy was 'n Mensch.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top