Philip van der Merwe

Philip van der Merwe is senior lektor in die Skool vir Tale aan Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). In 2011 het hy ’n doktorale proefskrif getiteld “Fictional worlds and focalisation in works by Hermann Hesse and EL Doctorow”onder leiding van Hein Viljoen (Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus) voltooi, met Michelle Tokarczyk (Goucher College, Baltimore, VSA) en Andreas Solbach (Johannes Gutenberg-Universität, Mainz, Duitsland) as medepromotors. Hy stel belang in vergelykende literatuurstudie, narratologie, moontlike-wêreld-teorieë en die skrywers Hermann Hesse, EL Doctorow en Hans-Ulrich Treichel. Oor Doctorow se eerste roman het in 2007 ’n artikel van hom getiteld “Hard Times as Bodie: the allegorical functionality in EL Doctorow’s Welcome to Hard Times (1960)” in Literator verskyn.

Sedert 2004 is Van der Merwe dosent in Duits (as vreemde taal) in die Vakgroep: Duits van die Potchefstroomkampus (wat ook ’n toetssentrum van die Goethe-Instituut is). Vanaf 1999 tot 2004 het hy ook Duits onderrig (ter voorbereiding van die IGCSE-, AS- en A-level-eksamens) aan die International School of South Africa (in Mafikeng). In 2009 ontvang hy van die Goethe-Instituut (München) die sertifikaat vir deelname aan die kursus Methodik und Didaktik des fremdsprachlichen Deutschunterrichts. In 2012 ontvang hy die Prüferzertifikat (vir die Goethe-Zertifikate B1: Zertifikat Deutsch/Zertifikat Deutsch für Jugendliche en B2).


In Memoriam: EL Doctorow

Philip van der Merwe In memoriam 2015-07-29

"EL Doctorow, die meesterlike skrywer en Mensch, is oorlede."

LitNet Akademies: Hermann Hesse: die gewilde én gehate Nobelpryswenner

Philip van der Merwe 2012-04-20 Na aanleiding van Estelle Alma Maré se LitNet Akademies-artikel "Die hiërargie van begeerte in José Saramago se roman Baltasar and Blimunda" stel Philip van der Merwe ons voor aan die fiksie van Herman Hesse.
Top