Imbongi: die skeepsklok van die SS Mendi

  • 0

 

Raise your war-cries, brothers ... our voices are left with our bodies.
~ Eerwaarde Dyobha aan swart soldate aan boord van die sinkende SS Mendi.

 

Jou sonore stolp is ontydig gestelp
in dié Engelse waters wat die Heilige Katarina
steeds verlig: Eerwaarde Dyobha
moes die dodemars lei – nie oor groen slagvelde

met assegaaie spits op die vyande
gerig nie – wel op die dek van die Mendi, herlei
van Le Havre na Valhalla. Jy moes die nag,
toe seshonderd karosse na die seebodem gly,

vir oulaas die wagskof lui
tot longedeem ook jou stem doof.
Nou tuis, van eendmossel en wier verlos,
uit die doofpot herbore,

buikspreek jou klinkende klepel
seshonderd strydkrete uit  ʼn brons keel.

Lees ook

Katolieke diskant

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top