
Katolieke diskant
I. Priester
Sy pubertyd is aangehits met drang na dié jong Kind:
herder nou, aandag op die spiesgewonde Lam gerig
(pubis lokkend lendekleed gebind), word hy ritsig
om ’n nagmaal van ’n bloedjong koorknaap te vind.
II. Koorknaap
Hy sing ’n requiem vir Ma se Kind:
klankbaan vir die doodsteek
met ’n bloedspies wat hy vlak verby
die rouswart priesterkleed sal vind.
III. Aartsbiskop
Hy predik dat die Kind se bloed ieder van hoek tot kant
biegskoon kan was. Uit dank oorspoel ’n koorknaap-
diskant die katedraal: Vader met kontrapunt geloof,
dissonante gille van ’n offerlam gedoof.

