
Prent: https://pixabay.com/photos/continents-puzzle-world-earth-2718829/
Is jy in graad 7 en weet jy hoeveel kontinente daar op aarde is? Wag, op hierdie prent is een van hulle soek! As jy voel daar is ook ’n leemte in jou Wiskunde-kennis kan hierdie vraestel deur Wilhelm du Toit ’n meer volledige legkaart help pak. Laai sy oefenvraestel en -memo hier af. Hierdie toetsreeks hoef verlore legkaartstukkies jou nie te frusteer nie.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:


Kommentaar
Die vraestel help my baie.
En dit is goed.
Dit is 'n baie goeie vraestel wat my baie gehelp het.
Volume
Goeiedag, dankie vir jou navraag. As jy op soek is na nog vraestelle met Wiskundehulp, kyk gerus na hierdie indeks waar al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is, vertoon. Blaai daardeur om te sien watter vraestelle hier is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Sterkte met die voorbereiding, groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek wil graag my kind help met haar Wiskunde.
Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet het baie vraestelle wat gratis beskikbaar is en jou kan help met jou voorbereiding. Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle waar alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Die vraestelle is ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai daardeur om te sien wat daar alles is en klik telkens op die skakels om die inhoud gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek soek hulp met my werk.
Goeiedag! Dankie vir jou navraag. Dis 'n goeie plan om vraestelle uit te werk om vir jou skoolwerk voor te berei. LitNet bied heelwat gratis vraestelle met hulle meegaande memoranda. Ons lys van vraestelle is in 'n indeks beskikbaar: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/ Hier is die vraestelle ingedeel volgens graad en vakgebied. Blaai deur die lys om te soek wat jy benodig. Klik op die skakels, wat jou na die artikels sal neem. Binne-in elke artikel sal jy die nodige vraestel en memorandum aantref. Klik op die skakels en dit laai dan self as PDF's af. Gratis beskikbaar. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder