
Prent: manfredrichter, https://pixabay.com/photos/bird-parrot-multicoloured-6955201/
Is jy in graad 1 en is alles van Wiskunde nog vir jou splinternuut? Lee-Ann West se Wiskundevraestelle help dat jy die werk nie soos ’n papegaai uit jou kop hoef te leer nie. Jy kan dit oefen! Gebruik die gratis oefenvraestel en memo om voor te berei vir jou tweede kwartaal-Wiskundetoetse.
Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.
Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.
Lees ook:


Kommentaar
Goeiemiddag, is daar dalk meer Graad 1-Wiskundevraestelle beskikbaar asb.
Hallo! Dankie vir jou navraag. Hier is 'n skakel na die indeks van inhoud wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Blaai daardeur om te sien wat beskikbaar is. Dis ingedeel volgens graad en vakgebied. Ons voeg so gereeld moontlik nuwe inhoud by. Klik op die skakels om die vraestelle gratis in PDF-formaat af te laai. Sterkte met die voorbereiding! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek help my kleinkind ge-diagnoseer met outisme. Sy is 7 jaar oud. Enige inligting om haar te help sal op prys gestel word. Enige lesse bo en behalwe wiskunde. Baie dankie.
Hallo! Dankie vir jou navraag. LitNet het 'n indeks van skolevraestelle wat vir hersiening gebruik kan word. Volg hierdie skakel om te kyk na wat beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Ek verwys jou ook graag na 'n boekeonderhoud rondom 'n seun wat met outisme grootgeword het: https://www.litnet.co.za/ek-onthou-n-outistiese-seun-se-lewensreis-n-onderhoud-met-anton-en-corrie-muller/. Dalk sal jy Anton Muller se storie interessant vind. Dalk kan jy ook deur ons algemene skoleinhoud blaai om te sien of iets hier vir jou van waarde kan wees: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/. Klik telkens op die skakels om die artikels te lees. Groete en voorspoed, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Ek soek Wiskunde graad 1-vraestelle vir my kleinkind; waar kan ek dit kry?
Hallo en dankie vir jou navraag. Hier is 'n indeks van die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Jy kan ook deur die algemene afdeling blaai om te sien watter inhoud daar vir graad 1's beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/category/akademies/skole/notas-toetse-en-vraestelle/. Die artikel waarby hierdie navraag gerig word, is reeds 'n graad 1-Wiskundevraestel. Klik op die skakel om die gratis af te laai en gebruik graag vir inoefening. Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder
Dankie vir al jul hulp.
Goeiemiddag, is daar al graad 1 Wiskundevraestelle vir kwartaal 3 en 4 beskikbaar?
Sal dit baie waardeer.
Groete.
Goeiedag! Hier is 'n skakel na die indeks van vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Daar is 'n selfmerktoets vir graad 1 hieronder. Ons probeer egter om soveel moontlik ander inhoud vir al die grade vir die res van die jaar in te samel en voeg dit deurlopend by. Sterkte met die voorbereidng, groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder