Louise Pieterse deel 'n keuse van foto's van Innibos 2016.

Schalk Bezuidenhout is die gesig van VIA se "Kliek" en het die gehoor behoorlik laat skaterlag.

Waar jy kyk het Innibos moeite gedoen om die feesterrein op te kikker.

Tuin, die wenner van die Innibos RockRumoer-kompetisie.

'n Kontantprys van R25 000 word aan Tuin oorhandig, sowel as 'n bewys vir 'n musiekvideo ter waarde van R30 000 van kykNET.

Die Bosmol sorg elke jaar vir 'n groot verskeidenheid produkte wat te koop is.

Daar is oorgenoeg rusplek vir diegene wat wil asem skep tussen die inkopies deur.

Geen feesganger sal hier honger ly nie. Aarbeie en room was aan die orde van die dag.

Met agt verhoë op die terrein is daar iets te sien vir almal. Hier is Jakkie Louw besig om die gehoor te vermaak.

Mens kan skaars 'n klip gooi sonder om 'n bekende te tref. Hier gesels Fiesta met Koekedoor se Mareli Visser.

Van drinkgoed is daar ook nooit te min nie.

Hannes Brümmer se Punk in Plakkies laat die gehoor bietjie nadink oor realiteite van die lewe.

Wonderboom vier hulle 20ste bestaansjaar.

Fokofpolisiekar het weer duisende gelok om hulle Swanesang-10-jaar-herdenking te vier.

Teaters het uit hulle nate gebars. Hier is Karen Zoid en Kurt Darren saam op die verhoog.

Met unieke verwerkings van hulle bekendste treffers het Kurt en Karen mense behoorlik aan die gons gehad.

Wat is 'n fees sonder 'n rit op die groot wiel?

Corlea laat gehore stomgeslaan met haar talent.

Snotkop trotseer die koue en kry die gehoor vinnig op hulle voete.

Dozi en Ghapi. Of is dit nou Ghapi en Dozi?

Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock word vereer vir hulle bydrae tot die kunste. By hulle is feesbestuurder Andy Lubbe en reklame-organiseerder Sandra Jacobs.

Die toekenning vir die mees gewilde produksie gaan vanjaar aan Tobie Cronjé en Gerben Kamper se Ooms.

Karen Zoid wys weer hoekom sy almal se gunsteling-rocker is.

Natuurlik is daar luid saamgesing met die duo se treffer "Toe vind ek jou".

Duisende het saamgetrek vir Innibos se eerste rockkonsert op die hoofverhoog.

Doppelgangers: Frank Opperman en Wynand Myburgh (Fokofpolisiekar)

