Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Anoeschka von Meck

  • 0

Storievrate en smulpape kan ’n reeks skrywersgeleenthede bywoon wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge, sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers. Marilou Ferreira, bekende spysenier op die dorp, bied hierdie geleenthede aan en sal die gaste trakteer met ’n driegang-ete wat telkens die skrywers van die aand se gunstelingdisse insluit.  Die aand word verder ingekleur deur musiek en die voorste wyne uit die omgewing.  Die boeke sal verder te koop wees, met die skrywers wat dit graag sal onderteken.

Hierdie reeks, genaamd Mondelings, is op 4 Maart afgeskop met die gewilde skrywer, Dana Snyman, wat met Kabous Meiring oor sy werk gepraat het. In Dana se nuutste boek, Onder een dak, deel hy 100 van sy gunstelingstories wat strek van familiestories uit Dana se seunsjare tot intieme onlangse vertellings, waar hy met skerp waarneming ons land en sy mense betrag. Hier is foto’s van daardie geleentheid:

Fotoblad: Mondelings-geleentheid met Dana Snyman


Theo Kemp het foto’s van die jongste Mondelings-geleentheid, ’n gesprek met Anoeschka von Meck, verskaf. Die fotograaf was Tania van Niekerk.

Anoeschka von Meck se veelseggende leuse op haar voertuig

Marilou Ferreira, sjef en gasvrou, verwelkom die gaste

Die stoep volgepak met geesdriftige storievrate

Voorgereg

Nie net stories is opgedis nie, maar ook heerlike geregte.

Middelvlei het gesorg vir die aand se wyne.

Loretta Maree, oudburgemeester van Stellenbosch, Frans Marx, bekende draaiboekskrywer, en Annamari Grundlingh, kliniese sielkundige, was onder die gaste.

Jeremy Doveton-Helps, Magdel Kemp, Marilou Ferreira en Wanda du Toit

Anoeschka von Meck en Theo Kemp neem ’n selfie voor hulle gesprek.

Tjoppie Ferreira, oudrugbyspeler, in ligte luim saam met sy vrou, Marilou Ferreira

Nie net die rugbyveld nie, maar ook die kombuis, is Tjoppie se speelveld

Anoeschka von Meck onderteken haar boek by kerslig

Malene Breytenbach geniet Niel Rademan se musiek

Niel Rademan en Anoeschka von Meck

Malene Breytenbach verkoop verskeie boeke die aand

Digter Louis Esterhuizen in diepe gesprrek met Malene Breytenbach

Riana Barnard, Anoeschka von Meck en Theo Kemp

Wyn en klavier is telkens op die spyskaart vir die aande

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top