|
Die week in woorde |
Ek het al vroeër vanjaar eenmaal iets geskryf oor Billy Collins se gedig "Aristotle". Maar noudat die einde van die jaar gevaarlik naby is, kon ek nie help om weer daaroor te dink nie. Die reeks beelde wat Collins in hierdie gedig oproep, is om van dronk te raak. En ek bedoel die goeie, duiselende tipe dronk, nie die tipe wat met kantoorpartytjies gepaard gaan nie.
Ek het vanaand meditatief verkeer met die laaste strofe van Collins se gedig. Dis nou ek en my meditasie-stasie, Google.
|
And this is the end, |
As ’n mens die reëls van die laaste strofe een vir een Google (in die “image search”-opsie), is hierdie ’n letterlike oorsig van "die einde", soos gekonseptualiseer deur Aristoteles en gedig deur Collins:

My eie jaar in prentjies is minder konseptueel en ietwat meer blou. Baie duiwe en baie denim. Wat dit als beteken ... nou dáár is iets om oor na te dink.

And this is the end, tot volgende week, wanneer dit regtig vir eers die einde is, totdat 2012 begin.
![]() |
’n Tweede laaste meditasie vir 2011 deur Joan Hambidge. Nog ’n Tranströmer-vertaling deur De Waal Venter. En noudat dit amper die einde is, ’n nuwe vers deur Gerhard Bothma. |


