Meditasie, Herinnering

  • 0

Meditasie, Herinnering

Trocadéro,
dié woord soos ’n herinnering
aan of indruk van ’n vreemde stad,
’n herhalende droom verskyn dit
een nag aan my: Tro-ca-dé-ro …
Iewers gehoor, gelees, gesien?
In die gevoelige oorskulp klink dit op,
soos perdepote, geweerskote,
hierdie woord, hierdie gelade simboliese woord;
plek van handel, glo, oorspronklik.
Trocadéro omsluit vir my ’n reis,
’n herbesoek aan ’n ruimte
waar ek ’n jonger, driftige, roekelose self inruil
vir ’n ander mens, wat doekvoet loop
met iets wat jy hoor,
wat jou agtervolg,
soos ’n soos ’n
klank: uit-en-treure …
Alles bly ’n imperfek,
wanneer jy leef
in die ruilhandel van onthou.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top