nou dat dit aand is
nou dat dit aand is
en berge ou seer lywe lê in die wind
span die blou membraan deursigtig dun
om sy rooigeskuurde rande
en die hadida se roep
eggo sonder antwoord
in die stil ruimte tussen tyd
en ewigheid duiselig ver
van hier tot by die eerste ster

