Dot Vermeulen oor kuns en kommunikasie

  • 0

Dot Vermeulen se kuns is Vrydag 30 Januarie 2015 by 'n kuns-, wyn- en musiekgeleentheid in D-Street Gallery in Stellenbosch te sien. Hier deel sy haar kunsfilosofie. Onderaan verskyn ook vier van haar werke.

Ek beskou die beeldende kunste as ’n tipe visuele taal of ’n alternatiewe vorm van korrespondensie. Soos enige taal het dit menigte dialekte/mediums, hetsy skilder of fotografeer of digitaal skets ens. Ek is gefassineerd met die vertaling van een medium na 'n ander, byvoorbeeld foto na skildery.

Ek kombineer graag tradisionele taktiele media met digitale verwerking. Soms praat die media saam en soms baklei hulle met mekaar. Mens kan nie altyd lekker in my werk sien wat is skilderwerk en wat is digitaal nie, omdat die twee mekaar ook naboots. Korrespondensie sluit natuurlik altyd ook misverstande in, of selfs die onvermoë om te kommunikeer.

In my werk, wat deel vorm van die uitstalling Kuns-(de)kodeer-(her)fraseer, is daar ’n karakter wat as allegorie dien vir “navorsing”. Die karakter dra ’n stetoskoop en is besig om ’n reeks stedelike ruimtes te ondersoek. Die ruimtes is meestal onder brûe, miskien nie die tipe plek waar jou ma graag sou wou hê jy moet tyd spandeer nie, maar nietemin interessant. Die interaksie van die karakter met hierdie ruimte het sekere gevolge, wedersyds.

It hurts to see you. Goache op Fabriano

Did not everything between us begin with a reproduction?. Olieverf en ink op Arches

The Wall (2). Olieverf en ink op Arches

Straight ahead. Teks deur Klara du Plessis. Olieverf en ink op Arches
Hier is nog inligting oor Art-(de)code-(re)phrase | Kuns-(de)kodeer-(her)fraseer
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top