Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: volledige program

  • 1

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée, die breinkind van en georganiseer deur Darryl David, word van 22 tot 24 September in Cradock en Somerset-Oos aangebied. Vanjaar sal 'n gratis slypskool vir ontwikkelende skrywers by die soirée aangebied word en dit begin reeds met openingslesings deur Etienne van Heerden op 20 September, om 18h00.

Fanie Olivier en Chanette Paul (foto's: Naomi Bruwer)

Ander veldskoolaanbieders is Chanette Paul, Maya Fowler en Izak de Vries (prosa), asook Fanie Olivier, Bibi Slippers en Melt Myburg (poësie). Veldskoolbywoners sal ook deur die loop van die dag op 21 September by hulle sessies hê.

Bibi Slippers (foto: Adam Heyns) en Izak de Vries (foto: Naomi Bruwer)

Hierdie skrywers sal nie net op 20 en 21 September as mentors by die skryfskool optree nie, maar sal ook 22–24 September aan feesitems en paneelbesprekings op die veldsoiréeprogram deelneem. Die veldsoirée en veldskool vul mekaar dus aan, aangesien die veldskoolbywoners ook die gratis feesitems kan bywoon.

Maya Fowler (foto: Joanne Olivier) en Etienne van Heerden

Hulle kan só hul mentors beter leer ken, en het gratis toegang tot ’n uitgebreide feesprogram wat ’n wye verskeidenheid aspekte van die skryfkuns oor verskillende genres heen aanspreek. Die veldskoolbywoners sal ook die geleentheid hê om hul werk aan die publiek bekend te stel.

Darryl David (foto: verskaf) en Melt Myburgh (foto: Naomi Bruwer)

Nes die geval is met die veldskoolaanbiedings, is alle veldsoirée-items vir alle soiréebesoekers gratis, met uitsondering van die biltong-en-sjerrie Olive Schreiner-sarkofaagbesoek per 4x4 (R150 per persoon) en ’n klein toegangsfooi by die Walter Battiss-museum in Somerset-Oos.

Die besoek aan Olive Schreiner se sarkofaag tydens verlede jaar se fees (Foto's: Amy Coetzer)

Die veldsoirée sal ook vanjaar in samewerking met die Jakes Gerwel-stigting na Somerset-Oos uitgebrei word.

Nathan Trantraal en Karin Brynard (foto's: Naomi Bruwer)

Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Ronelda Kamfer, Dana Snyman en Nathan Trantaal sal op Sondag 23 September by die Jakes Gerwel-huis in Somerset-Oos optree. Soiréegangers sal dus vanaf Cradock na Somerset-Oos oorry vir die dag se bedrywighede.

Dana Snyman (foto: Naomi Bruwer), Ronelda Kamfer (foto: verskaf) en Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Signature Tours bied vanjaar ook, indien daar genoegsame belangstelling is, bustoere na en van die veldsoirée aan – kry volledige besonderhede hier (hier is nog besonderhede).

Tien reisbeurse van R1 000 elk is beskikbaar vir Veldskool-bywoners, asook spesiale verblyftariewe. Vir besonderhede hieroor of navrae ivm die Veldsoirée in die algemeen, kontak feesorganiseerder Darryl David by 081 360 9231 of davidd@ukzn.ac.za.

Veldskoolprogram 20–21 September

Openingslesings – Donderdag 20 September 

6.00–7.30 Genesis en geaardheid – Etienne van Heerden 

7.45–8.30 Vreemdmaking – Etienne van Heerden

Werkswinkels – Vrydag 21 September

PROSA

Sessie 1

8.00–8.45  Chanette Paul 

8.55–9.40 Izak de Vries

9.50–10.35 Maya Fowler 

Sessie 2

10.50–11.35 Chanette Paul 

11.45–11.30 Izak de Vries

11.40–12.25 Maya Fowler 

Sessie 3

2.00–2.45 Chanette Paul 

2.55–3.40 Izak de Vries

3.55–4.40 Maya Fowler 

POËSIE

Sessie 1

9.00–11.00 Fanie Olivier 

Sessie 2

11.00–1.00 Melt Myburgh

Sessie 3 

2.30–4.30 Bibi Slippers

Aan die einde van Sessie 3 sal slypskoolbywoners 'n opdrag ontvang. In die daaropvolgende twee dae kan hulle daaraan werk, tussen soirée-items deur met hul mentors gesels en idees uitruil, en op Sondagaand vanaf 7-uur (tot laat) by die “open mic”-geleentheid hul gedig of prosastuk voorlees. Hulle sal benewens met hul mentors, ook deurgaans kontak hê met ander skrywers wat by die soirée optree. Alle ander besoekende skrywers of enige lid van die publiek sal ook die geleentheid hê om uit eie werk voor te lees. Seremoniemeester van die aand sal feesimpresario Darryl David wees.

SOIRÉEPROGRAM 22–24 SEPTEMBER

SATERDAG 22 SEPTEMBER

DAG EEN – DIE TUISHUISE

Willie Burger (foto: Naomi Bruwer)

10.00–10.30 – Willie Burger – Die wêreld van Charlie Oeng

10.30–11.00 – Izak de Vries

Kirsten Miller (foto: LitNet-argief)

11.00–11.30 – Kirsten Miller – The hum of the sun

Kobus du Toit (foto: Twitter)

11.30–12.00 – Kobus du Toit – Cracking the crisis code – from trauma to triumph

12.00–1.30 – Middagete – Die Tuishuise

1.30–2.00 – Etienne van Heerden

2.00–2.30 – Maya Fowler – Tebatso gaan see toe

Clinton V du Plessis (foto: Hendrik Mentz)

2.30–3.00 – Clinton V du Plessis

Amos Mtetwa, self ’n aktivis tydens die onstuimige struggletyd, vertel van die Cradock Vier. (Foto geneem tydens verlede jaar se Veldsoirée; fotoerkenning: Amy Coetzer)

3.30–4.30 – Besoek aan Cradock 4-museum

Ete by die Victoria Manor

6.00 tot laat – aandete

SONDAG 23 SEPTEMBER

DAG TWEE – DIROSIE GAME LODGE @ BUFFELSHOEK

10.00–10.30 – Fanie Olivier

Theo Kemp (foto: Facebook)

10.30–11.00 – Theo Kemp

11.00–11.30 – Melt Myburgh

11.30–12.00 – Chanette Paul

12.00–1.00 – Middagete

1.00–2.00 – Ry na Somerset-Oos

2.00–2.30 – Besoek aan Walter Battiss Museum

Jakes Gerwel

2.30–5.00 – Lesings by Jakes Gerwel-huis

2.30–3.00 – Ronelda Kamfer – Hammie

3.00–3.30 – Bettina Wyngaard

3.30–4.00 – Karin Brynard

4.00–4.30 – Nathan Trantraal – Alles het niet kom wod

4.30–5.00 – Dana Snyman – Op pad: ‘n reisjoernaal

7.00 tot laat – Dirosie Game Lodge – Vuurvlieë en sterre – open mic, aandete en afsluiting van die veldskool – Dirosie Lodge @ Buffelshoek

MAANDAG 24 SEPTEMBER

DAG 3 – DIROSIE LODGE @ BUFFELSHOEK

10.00–10.30 – Darryl Earl David – Solitude and creativity in Die swye van Mario Salviati

10.30–11.00 – Maya Fowler – Patagonië

11.00–12.00 – Bibi Slippers – Fotostaatmasjien

12.00–1.00 – Middagete – Dirosie

1.00–5.00 – Olive Schreiner-toer na Buffelshoek (R150 pp)

6.00 tot laat – Afsluitingsfunksie – Spitbraai – Dirosie Game Lodge @ Buffelshoek

Meer besonderhede

Programbedrywighede en verblyf by die Victoria Manor en Tuishuise op Cradock (http://www.tuishuise.co.za)

Programbedrywighede en verblyf by die Buffelshoek Dirosie Lodge, Distrik Cradock (http://buffelshoekdirosielodge.co.za)

Bussafari's vanaf Kaapstad en Pretoria/Johannesburg/Bloemfontein deur Signature Tours (http://www.signaturetours.co.za/conference/evh2018)

Samewerking met en 'n dag by die Jakes Gerwel-stigting se Jakes Gerwel-huis in Somerset-Oos (http://jgf.org.za/af/somerset-oos-skrywershuis)

Die Veldskool-slypskool onder leiding van Etienne van Heerden by die Victoria Manor en by Buffelshoek Dirosie Lodge. (Hier is nog inligting.)

Die eerste Etienne van Heerden Veldsoirée is in 2017 aangebied en was ’n reuse-sukses. Skrywers en kunstenaars soos Coenie de Villiers, HemelBesem, Wilna Adriaanse, Kirby van der Merwe, Etienne van Heerden en Lien Botha het opgetree. Daar was deelname van beide die tradisionele wit en bruin Afrikaanssprekende gemeenskappe.

  • Hier is nog besonderhede rondom die 2017-soirée:

https://etiennevanheerden.co.za/etienne-van-heerden-veld-soiree/

  • Die program hierbo is onderhewig aan geringe wysigings

Lees ook:

Persvrystelling: 2018 se Etienne van Heerden Veldsoirée en Veldskool oor September-langnaweek

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: ’n onderhoud met Darryl David

Etienne van Heerden-veldsoirée: fotoblad 1

Etienne van Heerden-veldsoirée: fotoblad 2

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top