
Hierdie verhaal werk goed. Op die ms is enkele voorstelle gemaak wat betref woordkeuse (bv nie druk die petrolpedaal nie, maar trap). Die tempo word strak volgehou en die ek-verteller met sy bewussynstroom is ook baie suksesvol.
Die verteller is Swannie, maar die leser kom dit eers in die middel van die verhaal te wete. Dalk kan die skrywer dit oorweeg om reeds in die eerste paragraaf vir Swannie indirek voor te stel.
Die deeltjie:
Gerrie praat al die pad oor die geld wat ons by “Rose se ou” gaan kry. R5 000 elk.
... kan dalk so verander word:
Gerrie praat al die pad oor die geld wat ons by “Rose se ou” gaan kry. “R5 000 elk, ou Swannie. Dink net, vyf duisend rand.”
Dan is Swannie voorgestel en die leser beweeg verder saam met hom deur die verhaal.
Daar is ook ’n belangrike opmerking op die teks self aangedui oor ’n versnelling in die laaste paragrawe:
Op die strand gaan loop daar by die Boardwalk. Saam met ’n girl ’n roomys eet. My een skoen is uit. Toe ek opkyk, sien ek vir Gerrie aangehardloop kom. Daar is ’n gun in sy hand en ’n sak in die ander.
As jy die tempo hier nog wil versnel, kan jy oorweeg om dit so te stel:
Met die opkyk sien ek vir Gerrie aangehardloop kom.
As die sin oor die skoenuittrek kort gehou word en die volgende frase nog sterker ingeperk word, as ’t ware as een beweging aangebied word, werk dit dalk selfs beter:
Op die strand gaan loop daar by die Boardwalk. Saam met ’n girl ’n roomys eet. My een skoen is uit. Met die opkyk sien ek vir Gerrie aangehardloop kom. Daar is ’n gun in sy hand en ’n sak in die ander.
As jy die tempo hier nóg wil versnel, kan jy dit oorweeg om dit so te stel:
Met die opkyk sien ek vir Gerrie aangehardloop kom.
Andersins sou ek sê die verhaal is klaar en reg.
*
(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)
Lees ook:
LitNet-slypskool Om te skryf: Die tweede weergawe van ons deelnemers se verhale

