Die 9de kykNET Silwerskermfees is 21–24 Augustus 2019 in Kampsbaai, Kaapstad, aangebied. Dié fees het die afgelope nege jaar meer as 160 kort- en speelfilms opgelewer, waarvan verskeie internasionale erkenning gekry het.
“kykNET het uit die staanspoor ’n langtermynvisie met hierdie spesiale projek gehad. Die Silwerskermfees se fokus is en bly die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmbedryf,” meen Karen Meiring, hoof van Afrikaanse Kanale by M-Net.
Vanjaar kon feesgangers ’n verskeidenheid kortfilms en speelfilms kyk en paneelbesprekings bywoon. Drie internasionale kundiges is ook by die fees verwelkom: Dorothee Wenner van Berlinale, Peter Cowley van Spirit Digital Media in Londen en die Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, wat die afgelope paar dekades naam gemaak het in die VSA.
Saterdag 24 Augustus is die Silwerskermfees toekenningsgeleentheid gehou, met June van Merch en Bennie Fourie as aanbieders. Tobie Cronjé is vereer as vanjaar se Silwerskermlegende vir sy besondere bydrae tot die filmindustrie.
Die speelfilm, Poppie Nongena, het met 12 toekennings weggestap, vir, onder andere, beste speelfilm, beste draaiboek, beste regisseur, beste aktrise, beste manlike byspeler en beste vroulike byspeler.
Hiermee die wenners van die aand:
KORTFILMS
Beste kortfilm
Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste draaiboek
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken
Beste regisseur
Stefan Benadé – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste akteur
Luan Jacobs – Hoe om ’n perd te teken
Beste aktrise
Ansu Visser – Binnelandse Sake
Beste manlike byspeler
Ludwig Binge – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste vroulike byspeler
Ilse Oppelt – Janneman
Beste produksie-ontwerp
Idelette Jordaan en Nadine Minnaar – My Gelykenis
Beste redigerig
Canya Cruywagen – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste kinematograaf
Janhendrik Burger – My Gelykenis
Beste grimering en haarstilering
Charné Burger – Oedipus: Die Musical – ’n Dokumentêr
Beste kostuumontwerp
Juanita Ferreira – Die Begrafnis
Beste klanklontwerp
Wesley Ayliffe – Binnelandse sake
Webreekse
Deur die Blare
Gehoorgunsteling
Fiela se Kind
Draaiboeksoek
Gerhard Marx – Asem
Reginald Hufkie – Kinderhuis kind
Nico Steyn – Skrop
Blitsfilms
Ilka de Beer – Cry/Huil
Melanie Tait - Ligspoor
SPEELFILMS
Beste speelfilm
Poppie Nongena
Beste draaiboek
Christiaan Olwagen en Saartjie Botha – Poppie Nongena
Beste regisseur
Christiaan Olwagen – Poppie Nongena
Beste akteur
Stian Bam – Die Verhaal van Racheltjie de Beer
Beste aktrise
Clementine Mosimane – Poppie Nongena
Beste manlike byspeler
Chris Gxalaba – Poppie Nongena
Beste vroulike byspeler
Nomsa Nene – Poppie Nongena
Beste produksie-ontwerp
Chantel Carter – Die Verhaal van Racheltjie de Beer
Beste redigering
Eva du Preez – Poppie Nongena
Beste kinematograaf
Vicci Turpin – Poppie Nongena
Beste oorspronklike klankbaan
Kyle Shepherd – Fiela se Kind
Beste grimering en haarstilering
Gale Shepherd – Poppie Nongena
Beste kostuumontwerp
Sylvia van Heerden – Poppie Nongena
Beste klankontwerp
James Olivier, Richard West, Simon Ratcliffe – Poppie Nongena
Beste ensemble-spel
Poppie Nongena










