Daknatmaak-kompetisie: Wen ’n boekpakkie!

  • 10

Die bekende feesorganiseerder Darryl David (BookBedonnerd-, Adam Small-, Etienne van Heerden Veldsoirée-, Schreiner Karoo-skrywersfees en die Midlands Literary Festival) het ’n huisie in Richmond in die Karoo aangeskaf.

Richmond is amptelik in 2007 as Suid-Afrika (en Afrika) se enigste Boekedorp aangewys. Die gerestoureerde huisie dateer uit 1834 en Darryl is op soek na ’n naam daarvoor.

Hier is die lys van inskrywings. Stuur joune nou!

  • Stuur jou voorstel aan daknatmaak@litnet.co.za en dalk wen jy ’n boekpakkie van vier boeke, wat deur ons voorste uitgewerye geskenk is. 
  • Dit kan ’n naam uit enige taal wees en Darryl sal self die wenner aandui. (Hy behou hom die reg voor om nie ’n naam te kies nie.)
  • Sluitingsdatum: 15 Januarie 2020
Boekpakkie

Kaap, kerrie en koesisters deur Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien (NB Uitgewers)

Karlien kan nie kook nie deur Karlien van Jaarsveld & Izelle Hoffmann (LAPA Uitgewers)

Die ABC van Suid-Afrikaanse baanbrekervroue deur Ambre Nicolson (LAPA Uitgewers)

50 Jaar met Fred: Fred Mouton se beste spotprente deur Bun Booyens and Fred Mouton (Jonathan Ball)

  • Foto’s: Darryl David
  • 10

Kommentaar

  • Henning Janse van Vuuren

    1. Graaf Richmond Boekkasarm

    2. De Oude Davids-Maitland Antikwariaat (DODMA)

    3. Wilgersloot Sanctum

    4. Poenankies Outentiek

    5. Die Incognito Boekebib

    6. Almaardeur Kwintessens en Kantig Leserhospitium

  • Corlietha Swart

    Ek weet die kompetisie het reeds gesluit, maar ek let nou eers op wat Darryl se volle name is en slegs met ’n effense verskuiwing van spasies in sy volle naam en van kry ’n mens, interessantheidshalwe, so ’n dialektiese Afrikaans + Frans + Engelse titel plus sy van as huisnaam, wat sinspeel op die halfwegstasieryery vd huiseienaar:
    "Dar ry l' earl David"

    CS

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top