LitNet Akademies (Opvoedkunde)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

  Opvoedkunde-redakteur
Alta Vos 
E-pos: alta@litnet.co.za

Wiskunde-ondersteuning vir isiXhosasprekende leerders in die grondslagfase

Tanja Kotzé-Coetzer, Candice Livingston, Elna Barnard LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-22

"Hierdie artikel spreek die onderrig- en leerstrategieë aan wat gebruik word om isiXhosasprekende leerders se begrip van wiskunde in Engelse graad 1-klaskamers te verbeter."

Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-10-18

"Die gedeelde waardes van ’n vriendekring kan die spanning wat op ’n multikulturele kampus ervaar word, verlig. Terwyl taal- en rasverskille op die agtergrond skuif, dra die gemeenskaplikheid wat gedeelde waardes meebring by tot ’n sin van verbintenis."

Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-08-02

"Kritiese posthumanisme wys op die noodsaak daarvan om radikaal anders te bestaan ter wille van die ekologiese houdbaarheid van Gaia. Waar die Antroposeen menslike mag en oorheersing vier, bring Gaia ons (mense) terug Moeder Aarde toe deur ’n teregwysing van hoe ons afhanklik is van al die andere."

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-07

"Wit Afrikaanssprekende mans word in die Trompie-boeke as intelligente, hardwerkende gemeenskaps- en internasionale leiers uitgebeeld. Vanuit ’n paternalistiese, meerderwaardige perspektief word klem op die vrou se rol as moeder, versorger en randfiguur in ’n patriargale huisgesin gelê."

LitNet Akademies (Opvoedkunde): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Opvoedkunde).

Telegram, Signal of WhatsApp? Keuse van ’n geskikte toep om mobiele leeromgewings vir Suid-Afrikaanse hoëronderwyskontekste te skep

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-23

"[Dit is] sinvol om Telegram bo Signal aan te beveel weens die verskil in bruikbare kernfunksies. Alhoewel Signal die veiligste toep is, is dit nie sinvol om die veiligste toep vir opvoedkundige doeleindes aan te beveel nie, omdat studente ander toeps – wat groot hoeveelhede persoonlike inligting insamel – op ’n daaglikse basis op hulle slimfone gebruik."

Om verby skoolgeweld te kyk – die rol van geïntegreerde helende onderwys in die verandering van skoolkultuur as ’n antwoord op skoolgeweld

Danie Kloppers, Dirk Postma LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-06-21

"Die bespreking het aangedui dat geweld, mag en dissipline van mekaar onderskei moet word; dat skoolgeweld aan verskeie faktore te wyte is; en dat bestaande skoolkulture neig na ’n outoritêre en dissiplinegerigte benadering."

Die moontlikhede en beperkinge van interkulturele onderwys in en vir Suid-Afrika

Charl Wolhuter, Hannes van der Walt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-25

"Die konteks van die Suid-Afrikaanse samelewing bevat sterk moontlikhede en selfs die noodsaaklikheid om interkulturele onderwys in te voer, veral omdat multikulturele onderwys en die oproep om dekolonisering van die onderwys ontoereikend is om die uitdagings wat uit die diverse aard van die samelewing vloei, die hoof te bied."

Die oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-08

"Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake."

’n Blik op graad 9- Afrikaans Huistaalleerders se ervaringe rakende formatiewe assessering vir taalontwikkeling

Natalie Smith, Marguerite Müller, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-22

"Terwyl formatiewe assessering rigtinggewend is ten opsigte van hoe leerders hul vordering kan verbeter, dien dit eweneens as rigtingaanduider vir toekomstige assesseringsbesluite wat deur ’n onderwyser geneem kan word."

Samestelling van multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes in Intermediêre en Senior Fases ter bevordering van selfgerigte leesprosesse

Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-09

"Leerders neem verder eienaarskap van hulle eie lees-, leer- en skryfprosesse deur aan die reflektiewe leeraktiwiteite van ’n MRL deel te neem, en dit dra daartoe by dat leerders se selfverantwoordelikheid ontwikkel word ..."

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-08

"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."

Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys

Carike Kriel, Candice Livingston, Chiwimbiso M Kwenda LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-07

"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."

Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-19

"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."

Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-10

"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"

Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys

Jhani Pottas (Venter), Neal Petersen, Aubrey Golightly LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-29

"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."

Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-26

"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."

Onderwysers as slagoffers van geweld deur leerders in Suid-Afrikaanse skole

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-09-29

"Hierdie studie sou kon dien as ’n argetipe wat gebruik kan word in die soeke na oplossings vir geweld teen onderwysers in skole, en vir geweld in skole in die algemeen."

Top