LitNet Akademies (Opvoedkunde)
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat geakkrediteerde artikels uit die vakgebied Opvoedkunde. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Opvoedkunde) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Opvoedkunde-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
Opvoedkunde-redakteur Alta Vos E-pos: alta@litnet.co.za |
Volwasse studente in hoëronderwysinstellings: Die portefeulje-ontwikkelingskursus as ’n voorbereidingsmeganisme vir akademiese sukses
2016-02-23"Hoëronderwysinstellings moet toenemend aanpas by uiteenlopende, nietradisionele studentegemeenskappe, insluitend ouer volwasse studente. Die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, het bepaal hoe die erkenning-van-voorafleer- (EVL-) proses by een so ’n instelling die volwasse student voorberei om suksesvol te wees."
Depolarisering van onderrig en navorsing: Besinning deur aksienavorsing by ’n tradisionele universiteit
2016-01-29"Erkenning van die akademieskap van onderrig en leer as ’n navorsingsnis het die potensiaal om die gehalte van opleiding by universiteite, skole en ander opleidingsgeriewe te verbeter."
Doksa en verwerkliking van leeridentiteitspraktyke van hoërskoolleerders in ’n landelike werkersklasdorp
2015-12-03Henry Fillies en Aslam Fataar fokus in hierdie artikel op die aanpassings wat werkersklasleerders moet maak om hul leerpraktyke te bou. Hulle bied insig in wat dit verg om ’n leerder in ’n landelike werkersklasdorp te wees. Die artikel bied veral begrip van hul produktiewe leeridentiteitspraktyke te midde van diepgewortelde armoede.
Wanneer jou kantoorgebou herbou word terwyl jy werk: ’n Studie oor die invloed van epistemologiese, politieke en nasionale veranderinge op onderwysersopleiding in afstandsonderrig
2015-10-26"Die doel van die artikel is om van die kennis en ervaring wat oor die jare opgedoen is, beskikbaar te stel vir nuwelinge in die veld van onderwysersopleiding."
Leerspraak in mentorinteraksies – ’n ondersoek na die interaksionele aard van leer
2015-09-09"Die diepgaande ontleding van twee leerinteraksies in hierdie studie demonstreer die perspektiewe op die interaksionele aard van leer wat deur gespreksontledingsmetodes oopgemaak word."
Die uitwerking van mentorhulp op kunsonderrig in laerskole
2015-06-22"Die navorsingsprojek waarop hierdie artikel gebaseer is, ondersoek of die behoeftes van algemeen-opgeleide, onervare en onderopgeleide onderwysers wat dus nie vakspesialiste in kuns is nie, maar wel die vak moet gee in skole, deur mentorhulp bevredig kan word."
Die integrasie van musiek en stories as ’n effektiewe benadering tot die ontwikkeling van fonologiese bewuswording vir Afrikaanssprekende graad 1-leerders
2015-02-18"Die finale bevindinge van die navorsing het getoon dat musiek wel ’n positiewe rol speel in die aanleer van fonologiese vaardighede as leesgeletterdheidsvaardigheid by Afrikaanssprekende leerders in graad 1."
Swart onderwysstudente se belewing van hulle opleiding in vroeë kinderonderwysopleiding aan ’n voormalige wit universiteit: ’n gevallestudie
2014-12-03Hierdie artikel fokus op die ervarings van swart studente aan ’n voormalige wit universiteit binne die VKO-program en die mate waarin hierdie ervarings tot lae registrasiesyfers bydra.