Breek weg na die Suid-Afrikaanse Kaasfees oor die Vryheidsdag-langweek!

  • 0

Ontmoet die kaasmakers en proe hul produkte tydens die SA Kaasfees in 2020 - Kasselshoop Cheese is een van verskeie deelnemende kleinkaasmakers.

Die 19de herdenking van die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees bied die perfekte langnaweek-wegbreek in 2020! Feesgangers kan uitsien na ’n waarlik unieke ervaring van kaas en méér oor die Vryheidsdag-langnaweek van Saterdag 25 April tot Maandag 27 April 2020 op Sandringham buite Stellenbosch.

Kom ervaar hoekom hierdie bekroonde fees sy nuutste lof verdien as een van Die Burger Leserskeuse Top 3-feeste. Ontdek die grootste verskeidenheid plaaslike, internasionale en boetiekkase, verken die splinternuwe #Winefest, #Foodfest, #Beerfest en #Ginoclock, en ontmoet die skeppers van die besonderse nisprodukte in die Cheese Emporium en die Cape Made Mall.

Die SA Kaasfees-program sluit proe-ervarings in die Standard Bank Tasting Room in, asook buitelugmusiekkonserte deur Spoegwolf en ander gewilde kunstenaars, en prettige aktiwiteite soos die Ladismith Kaaskerfkompetisie en die Laughing Cow Kiddies Corner. Die feestye is van 10:00 tot 18:00 daagliks. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl.

Kaartjies kos R240 per persoon per dag, met 'n doutrapper-aanbod (“early bird”) van R200 tot 31 Januarie 2020. 'n Feesvriende-groepkaartjie vir 4 mense kos R860 – ’n besparing van R100! Senior burgers betaal R200 en kinders (twee tot 13 jaar) R20. Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Shoprite en Checkers.

Geen kaartjies sal by die hekke verkoop word nie!

Breek weg na die 2020 SA Kaasfees – vir meer inligting, besoek www.cheesefestival.co.za, Twitter @SACheeseFest, Facebook @SACheeseFestival of Instagram @sacheesefest, of kontak Agri-Expo by tel 021 975 4440 of [email protected].

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top