in dae toe drome
nog kleinmensspore
kon los,
naïef kon dans
op die melodie
van ’n wegholwind
was beelde reeds
deel van my verhaal;
het deur die stomspasies
van my pen
die stilte geëggo
teen rooi baksteenmure
en my woorde
was gebrande ink
op opgefrommelde papiere



Kommentaar
Sjoe Anze. Ek het nie woorde nie! Dankie dat jy met my gedeel het.
Baie dankie Litnet vir die blootstelling, ek waardeer baie
Net soos jy kan. Pragtig Anzè
Fantasties geskryf. Die vrou kan toor met woorde
Sjoe, dit is pragtig Anzé, jy mag maar!
Dis soooo mooi.. ek wil dit oor en oor lees!!! Verseker weet jy hoe om met woorde te speel!
Baie dankie Martha vir jou saamlees ek waardeer baie
Baie dankie Amanda ek waardeer baie
Baie dankie Truida ek waardeer jou mooi woorde.
Baie dankie Bess jou mooi woorde laat my hart warm klop
Baie dankie Leonie ek waardeer baie