Baksteenmure

  • 11

in dae toe drome
nog kleinmensspore
kon los,
naïef kon dans
op die melodie
van ’n wegholwind
was beelde reeds
deel van my verhaal;

het deur die stomspasies
van my pen
die stilte geëggo
teen rooi baksteenmure
en my woorde
was gebrande ink
op opgefrommelde papiere

Lees ook

Meer as nét vlam

Alcatraz

  • 11

Kommentaar

  • Bess Bogaards

    Dis soooo mooi.. ek wil dit oor en oor lees!!! Verseker weet jy hoe om met woorde te speel!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top