Trudie Coetzee

Trudie Coetzee is ’n finalejaar student in sielkunde en filosofie aan die Universiteit van Pretoria. Sy het ’n voorliefde vir die twee Marais-digters: Loftus en Danie. Haar gunstelingskrywer is Etienne Leroux. Sy is mal oor plante, veral groente en blomme. En geel, haar gunstelingkleur. Sy het ook ’n ongesonde obsessie met kaas en katte.

Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Trudie Coetzee

Liné Loff, Trudie Coetzee Skrywersonderhoude 2017-10-12

"Ek het nie ’n vaste werksruimte nie, maar ek skryf (en lees) meestal op my bed. Enige ruimte met koffie en vars lug is vir my ’n werksruimte. My gunstelingplek om te skryf is Paternoster."

Huis, woning, tuiste: Villa Catharsis

Trudie Coetzee Skryfkompetisies 2017-02-07

Lees Trudie Coetzee se inskrywing vir LitNet se gedigkompetisie: Huis, woning, tuiste.

“Do”- a (dear), a female (dear)

Trudie Coetzee 2014-10-31 "dis die laaste geknoude solfa van die eksentrieke vrou"

Kaap toe, Klein Katryn

Trudie Coetzee 2013-06-04 "Klein Katryn. Dit lyk asof feetjies binne bly. Kyk die kleurryke plekkies, outyds en fyn. Hulle pryk soos die oumense van hierdie stad."

 


Ontmoet die wenner van LitNet Akademies Kuberklas se wetenskapfiksiekompetisie

Trudie Coetzee, Naomi Meyer 2012-12-20 "Ek het van die begin af geweet ek wil oor 'n kloon skryf wat 'n vrou is, maar die storie het self begin vorm aanneem hoe meer ek daaraan gewerk het."

WF 2012: Asem

Trudie Coetzee 2012-09-26 "Hy voel hoe elke ooglid swaarder raak; ’n swart sluier van die donker se voorbode oorval hom. Die groen entstof in die plastieksakkie waaraan hy gekoppel is, het leeggeloop."

WF 2012: Kloon

Trudie Coetzee 2012-09-13 "Hy verlang na die dae van grootword met een self. Een brein, een hart, een lewe. ’n Eenvoudiger lewe. Hy verlang na haar, net vir homself. Getrou net aan hom. Die regte sy. Sy bly sy enigste vrou – al word sy tienduisend keer vermenigvuldig."
Top