Villa Catharsis
gordyne trek terug
die môre verlig
my voete staan vuil
op die teëlverhoog
vierkantige vensters
maak na buite oop
wat kaktus en spoelklip
stilletjies ontbloot
hier is water en visse
en skril hadida-applous
teen die geluid van vuil skottelgoed
wat sou hande klap as dit wou
Ingrid is ’n kuiergas
en André ’n spook
die meubels is statiese
toeskouers in die gehoor
ek het boeke en blaaie
en foto’s van onthou
hier is deure en ’n braaier
wat oop- en toevou
die tuinstoele kraak
en die paddas sing
uit afwagting vir ’n prinses
en rit-mie-se begeleiding
hier:
waar woorde graag
in die afwesigheid van reën
my dak natmaak
en hierdie blyspel seën
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.


