Tertius Kapp

Tertius Kapp het al verskeie werke vir die verhoog en skerm geskryf. Na hy grade in laserfisika, filosofie en argeologie verwerf het, het hy ’n meestersgraad in kreatiewe skryfkunde onder leiding van Marlene van Niekerk voltooi.

Daarna het hy saam met die teatergroep Tart en Koggel verskeie teaterstukke geskep, onder andere as regisseur van Willem Anker se Skroothonde en sy eie De Familie Wagenaer. Sy bekendste teaterwerke is Rooiland, Oorsee en Liewer.

In 2015 wen hy vir die eerste twee die Hertzogprys. In 2016 wen hy ook ’n South African Film and Television Awards-toekenning vir sy verwerking van Dis ek, Anna, wat die jaar se fees oorheers met ’n verdere vyf toekennings.

In 2017 regisseer en vervaardig hy die kortfilm Ek het jou gemaak, gebaseer op Jan Rabie se ikoniese verhaal. Hy skryf ook die draaiboek vir Griekwastad, gebaseer op ’n berugte familiemoord, met Arnold Vosloo in die hoofrol.

As skepper van die bonatuurlike reeks Die spreeus is hy onlangs benoem vir ’n SAFTA in die kategorie Beste Dramareeks. Hy skryf ook die aweregse familiekomedie Somerkersfees, die gruwelfilm Rage, en die ekologiese gruwelfilm Gaia (in produksie).

Hy woon in Kaapstad en is ’n voltydse skrywer en vervaardiger.

kykNET Silwerskermfees-onderhoud: Gaia dalk dié kultusfilm van Suid-Afrika?

Maryke Roberts, Tertius Kapp, Carel Nel, Jaco Bouwer, Pierre-Henri Wicomb, Anthony Oseyemi, Jorrie van der Walt, Monique Rockman kykNET Portaal 2022-03-18

"Een van die films wat vanjaar by die hibriede fees, wat van 23 tot 26 Maart in Kampsbaai en op die Silwerskermfees-webwerf vertoon gaan word, is Gaia, wat in die kategorie vir beste speelfilm meeding. Dit het al verskeie toekennings regoor die wêreld ingepalm. Dis die eerste ekologiese grufilm in Afrikaans en het die Forbes Top 10-lys as beste riller vir 2021 gehaal."

PEN Afrikaans: Om met ’n skalpel te skryf

Tertius Kapp PEN Afrikaans 2020-09-11

Tertius Kapp, bekroonde draaiboekskrywer, vervaardiger en dramaturg, besin in hierdie artikel oor verwerkings van bestaande tekste vir die silwerdoek. Wat maak 'n verwerking geslaagd? Wat is die slaggate? Hierdie artikel vorm deel van PEN Afrikaans se reeks "Die wêreld van die skrywer".

Dag 20: Kwarantynketting – "Force majeure" deur Tertius Kapp

Tertius Kapp Kwarantynketting 2020-04-15

"Die fliek wat ons wou maak, gaan oor ’n infeksie wat die wêreld oorneem. 'We are about to witness the greatest reckoning of all time,' sê die een karakter op ’n punt. Ek stap uit na die groenste moeras onder die groot geelhoutboom, waar die trane vlak lê. ’n Week later vra ’n vriend of ek nie eerder iets wil skryf oor hoe ons almal die lotto wen nie."

Kristalvlakte: Onderhoud met Tertius Kapp

Tertius Kapp, Naomi Meyer Teater 2016-05-11

"Aan die ander kant is Kristalvlakte nie so eenvoudig soos aktivistiese teater nie – dit wil nie vir jou een enkele boodskap oordra nie, dit wil die verbeelding in ‘n posisie plaas om op nuwe maniere te dink oor ‘n sosiale probleem of verskynsel."

“Met bier en bloed en dans en trom”

Tertius Kapp Seminare en essays 2016-03-22

"Ons geslag, ons wat laat gebore is, ons wat alle vertroue in kollektiewe aksies verloor het, ons moet eers terugkeer na die grot. Ons moet in die modder gaan krap saam met ons medegevangenes, vuurvliegies volg, die skaduspel beskou, en al dieper teen die rotswand vas staar."

Skrywersonderhoud: Jerzy Koch gesels oor A History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries

Jerzy Koch, Tertius Kapp Skrywersonderhoude 2016-01-29

"Kom ons sê daar is twee basiese perspektiewe op die literatuur in Suid-Afrika: die eksklusiewe siening en die inklusiewe. Al twee het voor- en nadele, bring nuwe insigte, maar verberg iets op ander plekke."

Tertius Kapp oor Rooiland

Henry Cloete, Tertius Kapp Teater 2013-04-18

"Dit was duidelik dat daar baie dramatiese materiaal was om mee te werk, en ek het die nuwe projek begin. Aanvanklik was die teks se naam Doggy Dog, gebaseer op die Nieuwoudtville-moorde in die 1990’s, en later Frans (oor ’n ongeïnisieerde in die tronk)."

Top