Solet Scheeres

Solet Scheeres is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland. Sy studeer ook onderwys aan die Hogeschool van Arnhem en Nijmegen in Nederland. In haar vrye tyd skryf sy graag verhale en kinderboeke. Haar mees onlangse boek, Die leeutemmer se assistent, het verlede jaar by LAPA verskyn. In die jare ’90 het sy as programmaker by die SABC gewerk.

Wat is ’n "egeltjie"? Solet Scheers praat oor haar kortverhaal in Die meisie met uitroeptekens in haar oë

Naomi Meyer, Solet Scheeres Skrywersonderhoude 2022-01-25

"Ek is dol op krimpvarkies en het nou reeds al die truuks in die boek gebruik om enetjie in my tuintjie in te lok, maar tevergeefs. Daar heers al etlike jare 'n dodelike siekte onder krimpvarkies in Nederland en die 'dierenambulans het hulle hande vol om soveel moontlik van die diertjies te red voor dit te laat is."

Elders gesien: Lost in translation is nie altyd so snaaks nie.

Solet Scheeres Elders gesien 2021-03-26

"Vandag brand ek ’n kersie vir alle tweede- of derdetaalsprekers wat so hard probeer: lost in translation is nie altyd so snaaks nie."

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Onderhoude 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Vervaldatum-kompetisie: Annelien van toe-en-nou

Solet Scheeres 2012-03-27 Annelien druk die verkyker teen haar oë. Sy draai aan die fokusknop tot die eiland soos ’n groot grys homp in die see voor haar oë verrys. Molène. Sy zoem ’n bietjie verder uit. ’n Ent agter Molène, in die grou see, kan sy vaagweg die eiland Ouessant uitmaak. Net daar het die Drummond Castle op 16 Junie 1896 gesink ...
Top