Simoné van Loggerenberg is 16 jaar oud en bly saam met haar ouers, twee boeties en twee honde (al wens sy dit was eerder katte) in Pretoria, waar sy tuisonderrig ontvang en dit baie geniet. Sy is mal oor skryf en doen dit al vandat sy kan onthou. Sy hou veral daarvan om kortverhale te skryf. Haar gunsteling tydverdrywe is lees, musiek luister en skryf. Sy hou ook van dans, keyboard speel, skilder, rekenaarspeletjies en kosmaak. Simoné is mal oor tale en vind dit baie interresant; sy wil na skool verder studeer en ? graad daarin verwerf. Sy wil ? beroep volg soos taalgeskiedenis, die uitgewery of joernalistiek.