Rafiek Mammon

Rafiek Mammon het ’n meestersgraad in opvoedkundige filosofie aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy was voorheen kunsredakteur van die Cape Times en ’n beoordelaar van die Fleur du Cap-Teatertoekennings.

Hy dien op verskeie panele as beoordelaar en teksleser vir kunstefeeste in Suid-Afrika. Sy eerste toneelstuk, Seashells, het in 2012 ’n Ovation-toekenning by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad ontvang.

Tans is Rafiek betrokke by verskeie teaterontwikkelingsprojekte. Hy skryf en regisseer toneelstukke. Sy teaterstuk The Garage Sale het in 2020 by die Toyota US Woordfees in Afrikaans gedebuteer as Die garage, vertaal deur Saartjie Botha.

Rafiek was vir etlike jare dosent in KSUT se Joernalistiekdepartement en deesdae is hy ’n vryskut-dramaturg, -konsultant en -resensent.

Ôs praat met Rafiek Mammon, want dis amper Boogie-tyd!

Tasneem Daniels, Rafiek Mammon Leefstyl 2025-10-10

"Wel, sonder om die proverbial kat uit die mou te laat, is daar baie nuwe, opwindende liedjies vanuit die 70’s en 80’s en ook ’n paar moderne songs, want ons wil ook die jonger gehore trek. Die komedie is heeltemal nuutgeskrewe. So, dis altyd iets om na uit te sien. Ons het nege sangers hierdie jaar, vier dansers en ’n ses-stuk band. Dis ’n regte jol van begin tot einde."

Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps

Rafiek Mammon, Melt Myburgh Skrywersonderhoude 2022-08-04

"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.

Verspring

Rafiek Mammon Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-13

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Tinarie van Wyk Loots se vertolking van Rafiek Mammon se Verspring, geregisseer deur Fred Abrahamse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en regisseur.

Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)

Menán van Heerden, Rafiek Mammon Onderhoude 2020-07-02

Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.  

Top