Nanette van Rooyen

"Wanneer 'n mens in die Karoo gebore is, spesifiek in die sterredorp Sutherland, ontkom jy nie maklik aan sy inwerking op jou nie. Tot jy op 'n dag besef dat die Karoo nie 'n geografiese gebied is nie, maar wel 'n toestand."

In hierdie toestand voltooi Nanette van Rooyen haar BA-graad in tale, plus 'n Hoër Onderwys Diploma, aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna gaan gee sy onderwys in Umtata, Transkei. Die behoefte om met boeke te werk, bring haar egter terug Kaapstad toe, waar sy 'n loopbaan in die uitgewerswêreld begin. Vir die volgende vyftien jaar doen sy redaksionele ondervinding op by Perskor, Juta Uitgewers, Delos, Tafelberg en Vlaeberg.

Nadat haar eerste dogter in 1996 gebore is, begin sy werk as vryskrutredakteur, deels om meer tyd aan eie skryfwerk af te staan. Kort daarna verskyn haar eerste kinderboeke, Onkel en Pops en Houtpapegaaie praat mos nie. Sedertdien het vyftien kinderboektitels in haar naam verskyn, waaronder Maaneiers, wat bekroon is met die ATKV-prys in 1996, en Die Groen Koei, wat in 2001 deur Biblionef gekies is as 'n herdruk vir die verspreiding daarvan in Afrika.

In 1999 wen sy die De Kat/Human en Rousseau Vonkfiksiewedstryd met "Tollie Hans". In 2001 ontvang sy die RAU-Mardene Marais-debuutprys vir Letterkunde vir haar kortverhaalbundel Om te vlerk. Sy publiseer in 2007 haar debuutroman, Chinchilla, by Human & Rousseau. Hierdie publikasie het deel gevorm van haar Meestersgraad in Skeppende Skryfkuns onder die mentorskap van prof Etienne van Heerden, by Universiteit Kaapstad.

Tans woon sy saam met haar man, Rudi, en hul twee dogters (Sabina en Leah) in Fresnaye, Kaapstad waar sy reeds werk aan 'n volgende roman.


Opgedateer/Updated: 2008-02-18
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Verskeie voëls en Die 17de veer: ’n gesprek met Nanette van Rooyen

Izak de Vries, Nanette van Rooyen Skrywersonderhoude 2020-11-18

"Ek hou my kinders dop. Ek luister hulle af. Ek probeer kyk deur hulle oë."

’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt: ’n resensie

Nanette van Rooyen Resensies 2017-12-01

"’n Leeftyd later is die memoires van ’n besondere sterk vrou wat haar nooit laat onderkry het deur ontbering, geweld en verlies nie."

Huid

Nanette van Rooyen Poësie 2017-07-12

" ... dat ’n boerbok se huid
gestroop van sy agterlyf tot by die nek
gebrei kan word tot teersag sakkies"

Honde van Hades

Nanette van Rooyen Poësie 2017-06-15

"ons moet vir mekaar uitkyk
jy vir my en ek vir jou, my suster
die honderd oë van Argus oral op ons lywe"

Biebouw-resensie: Slim leuens deur Lien Roux-de Jager

Nanette van Rooyen 2014-11-19 "Slim leuens is ’n lekkerlees-misdaadroman."

Nuwe Stories 2013-onderhoud: Nanette van Rooyen

Gerdus Senekal, Nanette van Rooyen 2013-02-05 Nanette van Rooyen gesels oor die kuns van kortverhale skryf.

Boekedag 2012: Nanette van Rooyen kies 'n karakter

Nanette van Rooyen 2012-04-18 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom? 

Grilbrigade laat die jeug weer skrikwakkerregop sit

Nanette van Rooyen 2011-12-15 Fanie Viljoen, die Vrystaatse jeug- en kinderboekskrywer, het dit as missie om die jeug aan die lees te kry en dit so te hou. Hierin slaag hy met vleuels aan die voet. Opvallend van sy skryfstyl is sy trefseker woordgebruik, fantastiese verbeelding en skerp sin vir humor.

Kos vir die kenner – ’n prikkel tot die wonderwêreld

Nanette van Rooyen 2011-09-22 Deur al my kinderjare het net twee ikone my kamermuur in die vorm van reuse-plakkate gehaal: Ludwig von Beethoven en C Louis Leipoldt.

Mooiloop | LitNet-skrywersdorp: Sutterland, my hartland

Nanette van Rooyen 2008-07-29 In haar kortverhaalbundel Om te vlerk het Nanette van Rooyen saam met voëls gevlieg en in haar roman Chinchilla het sy pelsdiere getroetel. Maar wanneer haar hart pad vat, is dit na ’n dorp in die Noord-Kaap. Minstens eenkeer per ...
Top