Boekedag 2012: Nanette van Rooyen kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek sou nie omgee om Astrid Lindgren se Pippi Langkous te kon wees nie. ’n Eiland vir haarself, Taka Tukaland en ’n apie as geselskap. Pippi is onkonvensioneel, seker van haarself, beskik oor superkragte, en is bekend vir haar groter-as-groot stories. En hoe lekker sou dit gewees om my geliefde perd op my skouers te kon lig? Moeiteloos.

Nanette van Rooyen is die skrywer van kortverhale, Om te vlerk, ’n roman, Chinchilla, ’n tienerboek, Ek was hier, en sestien kinderboeke, waaronder Leah se meermin die mees onlangse titel is. Lees Nanette se resensie van die tiener-griller Grilbrigade op LitNet.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top