Marlies Taljard

Marlies Taljard was voorheen verbonde aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Fort Hare waar sy professor in Afrikaanse Letterkunde en Literêre Teorie was, asook aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom se Skool vir Tale. Talryke artikels van haar het reeds in geakkrediteerde vaktydskrifte verskyn en sy het hoofstukke in verskeie versamelbundels gelewer wat plaaslik en internasionaal verskyn het. Sy lewer gereeld referate op nasionale en internasionale kongresse en het in 2018 die tweejaarlikse T.T. Cloete-Erelesing by die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom gelewer. Verder tree sy op as artikelkeurder vir nasionale en internasionale akademiese tydskrifte en as manuskripkeurder vir uitgewers en skrywers. Sy is ’n ervare teksversorger wat spesialiseer in akademiese tekste, verhandelinge en proefskrifte en kritiese leser vir aspirant- en gevestigde skrywers en digters. Sy dien op die keurpaneel van verskeie literêre pryse. Daar het reeds meer as 200 resensies oor Afrikaanse publikasies uit haar pen verskyn. Sy is tans inhoudsbestuurder van die webwerf Versindaba. Op navorsingsterrein is sy tans veral betrokke by navorsing oor die Afrikaanse letterkunde en die toegepaste linguistiek (korpuslinguistiek).

Resensent of smaakmaker – edelmetaal of klatergoud?

Marlies Taljard LitNet25-skrywersberaad 2025-03-05

"Die woord kritiek verwys na die vermoë om te analiseer, ’n geldige, eie opinie te vorm én dit te substansieer aan die hand van literêre teorieë."

Liefde en verset deur André le Roux: ’n resensie

Marlies Taljard Resensies 2025-01-07

"Die skoonheid van die gedigte lê dikwels in die eenvoud van vorm en die suiwerheid van die betoog."

In memoriam: Mellet Moll

Marlies Taljard In memoriam 2024-10-29

"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n resensie

Marlies Taljard Resensies 2024-07-10

"Hoewel daar in die bundel ’n handvol goeie gedigte voorkom wat deeglik afgewerk en deurdink is, het die geheel by my die indruk van oordaad gelaat."

Windows and frames: The beginning and end of Marlise Joubert’s poetry volume grondwater ("ground water") as textual frame with a codifying and mythological function

Marlies Taljard Academic research 2022-10-19

"The most important symbols are present both in the frame and the 'inner text'. On the one hand, the symbols in the frame load the 'inner text' with meaning, but the symbols in the 'inner text' also expand the meaning of the 'frame' and thus form a cyclical structure."

Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel."

Akademiese diskoers en die skep van ’n akademiese ruimte as voedingsbodem in Marius Crous se digbundel Vol draadwerk

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-02-25

Hierdie artikel toon deur middel van enkele teksontledings hoe die teenwoordigheid van ’n akademiese diskoers Marius Crous se bundel Vol draadwerk verryk.

Kleurvol hibried: Kleur kom nooit alleen nie en die talige ruimte van saambestaan

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-08-18

"Die artikel ondersoek die belangrikheid van taal by die konstruksie van ruimte en identiteit in ’n postmodernistiese poësieteks, Kleur kom nooit alleen nie."

“Onder my duim lê die fyn sintaksis van jou strot”: Krog in gesprek met Pablo Picasso

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-11-20

"So gesien, is die manier waarop Krog tekste met mekaar integreer, in mekaar inbed en met mekaar in gesprek laat tree, ikonies vir die wyse waarop sy die vorming van nuwe inklusiewe groepsidentiteite in Kleur kom nooit alleen nie vergestalt ..."

Top