"Die geel pad" deur Marlie Breet
2013-01-07 Want groen is nou deurskynenden elke pad is geel
Maar nie oor ek jou mis nie
dalk net hopeloos te veel
"Soos berge" deur Marlie Breet
2011-11-09Ek skryf nie gedigte nie
net soms as die reën
harder is as die gif uit jou mond
en die natuur se geween
"Hart op my mou" deur Marlie Breet
2011-11-08 Al was jou hele hart vandagin die duisend voue van jou mou
sou my oë
sag toegeknyp wees.
"Sal jy bly" deur Marlie Breet
2011-11-08 Die ou langs my weet dalkwat ek wou sê
al sit ek met hande
vol van jou
en iemand wat nog iets
wil hê.
