Die geel pad
Waar woorde nie kan raak nie
loop ek trompop in jou vas
Elke keer as ek ? tree moet gee
met my hart in my borskas
REFREIN:
Want groen is nou deurskynend
en elke pad is geel
Maar nie oor ek jou mis nie
dalk net hopeloos te veel
Ek skryf jou neer in woorde
maar my pen bly altyd blou
Van al die baie plekke
soek ek net die een langs jou
REFREIN
BRUG:
Kom kry my by die kantoor
as jy besluit jy wil
Jy hoef nooit te verduidelik
kom wees net saam my stil
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


