Sal jy bly
Die ou langs my weet dalk
wat ek wou sê
al sit ek met hande
vol van jou
en iemand wat nog iets
wil hê.
Ek sal steeds met jou praat
soos met die wind
Want jy het my lief
so asof
jy kan soek en geen foute
sal vind.
As ek vir jou
‘n geheim mag vertel
dan sou ek bieg
ek is soms bang.
Maar dan begin die woorde
Borrel, en ek
Giggel net gou ‘n grappie
voor die groot woorde
opdrup
Eintlik is dit hoe dit klink
As ek vra:
‘Sal jy bly?’
![]() |



